Die Nasionale Party en Apartheid Flashcards
Hoe lank was die Nasionale Party aan bewind
46 jaar
Wat was segregasie
Skeiding gebaseer op rasse
Noem so paar van die segregasiewette
Swart mense kon net grondgebiede genaamd reservate besit (7% van die land)
Die passtelsel het verhoed dat mense van reservate na stede trek
Slegs wit mense mag stem
Slegs wit mense mag in militêre magte dien
Swart mense kan nie geskoolde werke doen nie
Wanneer en hoe het die segregasiewette begin verdwyn. Hoe het dit toe gekom dat die Nasionale Party in bewind gekom het
Gedurende die tweede wêreldoorlog toe wit soldate na die oorlogsveld toe was het swart mense na stede getrek om die werk van die afwesige wit soldate te doen. Toe wit soldate van die oorlogveld terug kom was hulle bekommerd dat segregasie nie meer streng toegepas word. Boonop was daar eise dat almal politieke regte moet hê. As gevolg van die vrese het baie wit mense die Nasionale Party begin ondersteun omdat hulle belowe het om die probleme met hul beleid van “apartheid” op te los.
Gaan deur die belangrikste apartheidswette. Sien vraag 5 van kwartaal 3 geskiedenis in skrif en bladsy 128 en 129 in handboek
Wat was gedwonge verskuiwings
Wanneer gemeenskappe deur die regering gedwing word om te trek soos Sophiatown (bl. 130 tot 132 in handboek)