Nukleinsure Flashcards
1
Q
Wanneer vind DNA-replisering plaas?
A
tydens interfase van mitose en meiose om onderbeen van die chromosome te vorm
2
Q
Waar vind DNA-replisering plaas?
A
binne nukleus
3
Q
DNA-replisering
A
- DNA-molekule draai af agv ensiemwerking
- Ensiem rits DNA-molecule oop deur swak waterstofbinding tussen komplimentêre stikstofbasisse te breek
- elke enkeldraad DNA tree as ‘n templaat op. vry DNA-nukleotiede in kern verbind met komplimentêre stikstofbasisse op DNA dmv waterstofbindings. Ensieme maak dit moontlik
- 2 volledige poli-nukleotiede is besig om te vorm op oorspronklike DNA-templaat
- 2 DNA-molekules is nou gevorm wat identies is aan oorspronklike DNA-molekuul
4
Q
Transkripsie
A
- dubbele heliks DNa draai af agv ensiemwerking
- nukleotiedkettings v DNA rits los wanneer ensiem swak waterstofbindings breek om twee aparte stringe te vorm
- een string dien as templaat om mRNA te vorm deur vry RNA-nukleotiede wat in nukleoplasma voorkom te gebruik
- mRNA se volgorde van stikstofbasisse is ‘n compliment van die DNA
- mRNA bevat nou gekodeerde boodskap vir proteiensintese. mRNA raak los vd DNA en verlaat nucleus deur porie in nucleus membraan
- 2 DNA stringe heg weer aan mekaar dmv waterstofbindings en wen weer op om dubbel heliks te vorm
5
Q
Translasie
A
- mRNA string beweeg na sitoplasma tot by ribosoom
- elke drietal basisse op mRNA word kodon genome
- eerste kodon is die beginkodon en laaste kodon stopkodon
- tRNA dra spesifieke aminosuut wat deur drie basisse, wat bekend staan as anticodon, bepaal word
- ribosoom lees kodon op mRNA, pas korrekte anticodon van tRNA daarop en beweeg na volgonde kodon om proses te herhaal
- wanneer 2 tRNA molekules in posisie is, heg ribosoom 2 aminosure aanmekaar smv peptiedbinding
- ribosoom beweeg langs hele mRNA-string en heg aminosure aanmekaar om sodoende proteien wat benodig word te vorm
- leë tRNA molekules beweeg terug in sitoplasma om weer met ooreenstemmende aminosuur te heg
- lang string aminosure wat bekend staan as polipeptied, rol op in sekere vorm en staan bekend as proteien
- verskeie ribosome kan mRNA string gebruik om proteien te vervaardig