Genetika Flashcards
Geen
klein gedeelte DNS wat kode vir bepaalde kenmerk dra
Alleel
alternatiewe vorms van geen op selfde lokus van gepaarde chromosome, en wat selfde erflikheidseienskappe beheer
Genotipe
genetiese samestelling van organisme
Fenotipe
sigbare eienskappe van organisme agv interaksies tussen sy genetiese samestelling en omgewing
Dominante alleel
geen wat altyd ouelike eienskap in enige nakomeling toon - bepaal fenotipe
Resessiewe alleel
word gebruik om geen te beskryf wat effek in organisme produseer, slegs wanneer sy ooreenstemmende allele identies is
Homosigoties
organisme van twee identiese gene op ooreenstemmende lokusse van homoloë chromosome
Heterosigoties
organisme wat 2+ verskillende weegawes van allele besit van ten minste een van sy gene
Monohibried
hibried van ouers wat slegs verskillend is tov enkele geenpaar
Volledige dominansie
een alleel is dominant en ander is ressief in so mate dat resessiewe alleel deur dominante alleel in heterosigotiese toestand verberg word
Onvolledige dominansie
geeneen van die twee allele van ‘n geen is dominant oor ander nie, wat intermediêre fenotripe in heterosigotiese toestand tot gevolg het
Ko-dominansie
beide allele van geen is ewe dominant en beide allele kom in fenotipe in heterosigotiese toestand voor
Mendel se wet van dominansie
indien 2 allele verskil, sal net die dominante een vertoon word
Mensel se wet van segregasie
skeiding van gerepliseerde chromosome na teenoorgestelde kante van selfde verspreiding van allele in gamete tydens meiose
Meervoudige allele
Meer as 2 alternatiewe vorms van geen op selfde lokus
Geslagsgekoppelde eienskappe
toestand waar oorerwing van geslagschromosoom gekoppel word aan gegewe geen bv hemofilie
Kariotipe
getal, vorm en rangskikking van al die chromosome in kern van somatiese sel
Bevrugting
samesmelting tussen selkerns van sperm en ovum
Homoloë chromosome
paar chromosome wat soortgelyk is in struktuur en in stel gene wat dit dra
Geslagsgekoppelde gene
Gonosome beheer gelsag en dra ander gene
Mutasies
Gebeur skielik en is enige verandering in genetiese samestelling van organisme
Geenmutasies
mutasie wat enkele stikstofbasis in enkele geen affekteer
Chromosomale mutasies
verwys na verandering in normale struktuur van die chromosoom of aantal chromosome
Skadelike mutasies
veroorsaak veranderings in DNS wat foute in proteien struktuur veroorsaak, wat veroorsaak dat proteiene gedeeltelik of glad nie funksioneer nie
Skadelose mutasies
het geen effek op struktuur of funksionering van organisme nie
Nuttige mutasies
mag voordelig wees vir organisme en word van ouer na nakomeling oorgedra
Hemofilie
toestand waar bloed agv tekort aan belangrike bloedstollingsfaktor, en in stel gene wat dit dra
Kleurblindheid
afwyking in keëlties van die retina
Albinisme
afwesigheid van proteien wat pigment melanien in vel vorm
GMO
organisme wat een of meer gene van ander organisme ontvang het
Proses van GMO
- Geen op DNS moet van skenkerorganisme geisoleer word
- ander ensieme gebruik DNS van plasmied wat uit bakterisel geneem, op sny
- behulp van nog ‘n ensiem, skenker-DNS aan plasmied-DNS geheg
- DNS van getransformeerde plasmied in ander bakteriesel oorgesplaas
Kloning
proses wat genetiese identiese replikas of kopieë van molekules, selle of organismes voortgebring
Tipes Kloning
- Reproduktiewe kloning:
- produksie van geneitiese identiese kopie van spesifieke organisme
- organisme voortgebring wat presies selfde DNS as organisme waariut DNS oorspronklink gekom - Terapeutiese kloning:
- produksie van stamselle gebruik om beskadigde weefsels of organe vervang of herstel
Soorte stamselle
- Totipotente stamselle
- Pluripotente stamselle
- Multipotente stamselle
Draer
‘n Persoon of dier wat geaffekteer is/ ‘n alleel met siekte besit, sonder om enige van die simptome te toon, en wat die siekte/alleel kan oordra na sy nakomelinge
Haploied
enkele stel van ongepaarde chromosome
Diploied
twee bypassende stelle chromosome in selkern
Lokus
posisie van ‘n geen op chromosoom
Diskontinue variasie
erflikheidseienskappe wat in twee of meer onderskeidende klasse val bv swart of wit pels, A, AB, B of O bloedgroepe
Geneties
eienskap wat bepaal word deur gene, word geërf
Erflikheidseienskappe
word bepaal deur elemente van erflikheid wat oorgedra word vanaf ouers na hul nakomelinge gedurende voortplanting
Variasie
reeks van verskille tussen individue in bevolking van dieselfde spesie, wat gevolg kan wees van genetiese of omgewingsfaktore
Kontinue variasie
eienskappe toon variasie in wye reeks, met baie intermediêre waardes bv reeks lengtes, massas
Gamete
gespesialiseerde manlike of vroulike sel met helfte van die normale chromosoomgetal van die liggaamselle van ‘n organisme