Newton Flashcards
Newton se wette
Newton Een
‘n Liggaam sal in sy toestand van beweging ( in rus of teen konstant snelheid ) volhard, totdat daar ‘n netto krag daarop inwerk.
Newton Twee
Wanneer ‘n netto krag op ‘n voorwerp inwerk, versnel die voorwerp in die rigting van die krag en die versnelling is direk eweredig aan die krag en omgekeerd eweredig aan die massa van die voorwerp.
Newton Drie
Wanneer een liggaan ‘n krag op ‘n tweede liggaam uitoefen, oefen die die tweede liggaam ‘n krag gelyk in grootte en teenoorgesteld in rigting op die eerste liggaam uit.
Newton Drie
Wanneer een liggaan ‘n krag op ‘n tweede liggaam uitoefen, oefen die die tweede liggaam ‘n krag gelyk in grootte en teenoorgesteld in rigting op die eerste liggaam uit.
Normaalkrag (N)
Die krag of komponent van ‘n krag wat ‘n oppervlak op ‘n voorwerp wat daarmee in kontak is, en wat loodreg op die oppervlak is, uitoefen.
Wrywingskrag (f)
Die krag wat die beweging van ‘n voorwerp teenwerk en wat parallel aan die oppervlak werk.
Newton se Universele Gravitasiewet
Elke liggaam in die heelal trek elke ander ligaam aan met ‘n krag direk eweredig aan die produk van hul massas en omgekeerd eweredig aan die kwadraat van die afstand tussen hulle middelpunte.
Gewig (N)
Die gravitasiekrag wat die aarde uitoefen op enige voorwerp op of naby sy oppervlak.
Gewigloosheid
Die sensasie ervaar wanneer alle kontakkragte verwyder word d.i. geen eksterne voorwerpe raak aan ‘n mens se liggaam nie.