Momentum en Impuls Flashcards
Momentum (kg·m·s-1)
Die produk van ‘n voorwerp se massa en sy snelheid.
Lineêre momentum van ‘n voorwerp
‘n Vektorgrootheid met dieselfde rigting as die snelheid van die voorwerp.
Newton Twee i.t.v. momentum
Die netto krag wat op ‘n voorwerp inwerk, is gelyk aan die tempo van verandering van momentum van die voorwerp in die rigting van die netto krag.
Impuls (N·s)
Die produk van die netto krag wat op ‘n voorwerp inwerk en die tyd wat die netto krag op doe voorwerp inwerk.
Geslote/Geïsoleerde sisteem
‘n Sisteem waarop die netto eksterne krag wat op die sisteem inwerk, nul is.
Beginsel van behoud van linêere momentum
Die totale linêere momentum in ‘n geslote sisteem bly behoue.
Elastiese botsings
Ek voor = Ek na
P voor = P na
Onelastiese botsings
Ek voor <> Ek na
Interne kragte
Kragte wat die liggame in die sisteem op mekaar uitoefen
Eksterne kragte
Kragte wat buite die sisteem op die liggame binne die sisteem uitoefen.