Momentum, Impuls, Werk, Energie en Drywing Flashcards
Liniêre Momentum
Die produk van die massa en
snelheid van die voorwerp.
Newton se 2de Wet in terme van Momentum
Die netto krag wat op ‘n voorwerp inwerk is gelyk aan die tempo van verandering van momentum.
Wet van behoud van Liniêre Momentum
Die totale liniêre momentum van ‘n geisoleerde sisteem bly konstant.
Elastiese Botsing
‘n Botsing waarin beide
momentum en kinetiese energie behoue bly.
Onelastiese Botsing
‘n Botsing waarin slegs
momentum behoue bly.
Impuls (J)
Die produk van die netto krag en die kontaktyd.
Die Werk gedoen op ‘n Voorwerp
Die produk van die verplasing en die komponent van die krag parallel an die verplasing.
Gravitasie Potensiële Energie
Die energie wat ‘n voorwerp besit as gevolg van sy posisie relatief tot ‘n verwysingspunt.
Kinetiese Energie
Die energie wat ‘n voorwerp het as gevolg van die voorwerp se beweging.
Meganiese Energie
Die som van die gravitasie potensiële en kinetiese energie by ‘n punt.
Wet van behoud van Energie
Die totale energie in ‘n sisteem kan nie geskep of vernietig word nie; dit kan slegs verander word van een vorm na ‘n ander.
Beginsel van behoud van Meganiese Energie
In die afwesigheid van lugweerstand of enige
eksterne kragte, is die meganiese energie van ‘n voorwerp konstant.
Werk-Energie Stelling
Die werk gedoen deur ‘n netto krag op ‘n voorwerp is gelyk aan die verandering in die kinetiese energie van die voorwerp.
Drywing
Die tempo waarteen werk gedoen word.
OF
Die tempo waarteen energie oorgedra word.
1 Watt
Die drywing wanneer een joule werk gedoen word in een sekonde.