Gravitasie en Elektriese Velde Flashcards
Newton se Wet van Universiele Gravitasie
Elke deeltjie met massa in die heelal trek elke ander deeltjie aan met ‘n krag wat direk eweredig is aan die produk van hulle massas en
omgekeerd eweredig aan die kwadraat van die afstand tussen hulle middelpunte.
Gewig (Fg)
Die gravitasiekrag wat die aarde uitoefen op enige voorwerp op of naby sy oppervlak.
Gravitasieveld
Die krag wat per eenheid massa werk.
Coloumb se Wet
Twee puntladings in
vrye ruimte of lug oefen kragte op mekaar uit. Die krag is direk eweredig (proporsioneel) aan die produk van die ladings en omgekeerd eweredig aan die vierkant van die afstand tussen die ladings.
Elektriese Veld
‘n Gebied in die ruimte
waarin ‘n elektriese lading ‘n krag ervaar. Die rigting van
die elektriese veld by ‘n punt is die rigting wat ‘n positiewe
toetslading sal beweeg as dit by daardie punt geplaas
word.
Grootte van Elektriese Veld by ‘n Punt
Die krag per eenheid positiewe lading.