Materie en materiale : Organiese molekule Flashcards
Addisiereaksie
‘n Reaksie waarin ‘n dubbelbinding in die uitgangstof breek en elemente daaraan toegevoeg word
Addisie-polimeer
‘n Polimeer wat gevorm word wanneer monomere (wat gewoonlik ‘n dubbelbinding bevat) verbind deur addisiereaksie
Addisiepolimerisasie
‘n Reaksie waarin klein molekule verbind om baie groot molekule te vorm deur byvoeging by dubbelbindings
Alkohol
‘n Organiese verbinding waarin H-atome in alkane vervang is met hidroksielgroepe (-OH-groepe)
Algemene formule : CnH2n + 1 OH
Aldehied
‘n Organiese verbinding wat die algemene struktuur RCHO het waar R+H of alkiel.
Algemene formule : RCHO (R = alkielgroep)
Alkaan
‘n Organiese verbinding wat slegs C-H en C-C enkelbindings bevat
Algemene formule : CnH2n+2
Alkeen
‘n Organiese verbinding van koolstof en waterstof wat ‘n koolstof-koolstofdubbelbinding bevat
Algemene formule : CnH2n
Alkielgroep
‘n Groep wat vorm wanneer een H-atoom uit ‘n alkaan verwyder word.
Alkyn
‘n Organiese verbinding van koolstof en waterstof wat ‘n koolstof-koolstoftrippelbinding bevat
Algemene formule : CnH2n-2
Dampdruk
Die druk uitgeoefen deur ‘n damp in ewewig met sy vloeistof in ‘n geslote sisteem
Dehidrasie
Eliminasie van water uit ‘m verbinding bv. alkohol
Dehidrohalogenering
Die eliminasie van waterstof en ‘n halogeen uit ‘n halo-alkaan
Dipool-dipoolkragte
Intermolekulêre kragte wat tussen polêre molekule voorkom d.i. molekule waarin daar ‘n oneweredige verspreiding van lading is sodat die molekuul ‘n positiewe en ‘n negatiewe kant het.
Eliminasie-reaksie
‘n Reaksie waarin elemente van die uitgangstof verloor word en ‘n dubbelbinding gevorm word.
Esterifikasie / Verestering
Die bereiding van ‘n ester uit die reaksie van ‘n karboksielsuur met ‘n alkohol
Funksionele groep
‘n Binding of ‘n atoom of ‘n groep atome wat die fisiese en chemiese eienskappe van ‘n groep organiese verbindings bepaal.
Gekondenseerde struktuurformule
‘n Formule wat die manier wys hoe atome in ‘n molekuul gebind is, maar toon nie alle bindingslyne nie.
Haloalkane (Alkielhaliede)
‘n Organiese verbinding waarin een of meer H-atome in ‘n alkaan met halogeenatome vervang is
Algemene formule: CnH2n+1X (X= F,Cl,Br,I)
Halogenering
Die reaksie van ‘n halogeen (Br2, Cl2) met ‘n verbinding.
Homoloë reeks
‘n Reeks verbindings wat deur dieselfde algemene formule beskryf kan word.
Hidrasie
Die addisie van water aan ‘n verbinding
Hidrogenering
Die addisie van waterstof aan ‘n alkeen