Chemiese verandering : Sure en basisse Flashcards
Suur-basisindikator
‘n Kleurstof wat gebruik word om tussen suur- en basiese oplossings te onderskei deur middel van die kleurverandering wat dit ondergaan in hierdie oplossings.
Amfiprotiese stof / Amfoliet
‘n Stof wat as ‘n suur of ‘n basis kan optree in ‘n reaksie
Arrheiusteorie
‘n Suur is ‘n stof wat waterstofione of hidroniumione vorm wanneer dit in water oplos.
‘n Basis is ‘n stof wat hidroksiedione vorm wanneer dit in water oplos/
Self-ionisasie van water
‘n Reaksie waarin water met homself reageer om ione (hidroniumione en hidroksiedione) te vorm.
Gekonsentreede suur/basis
Bevat ‘n groot aantal mol suur/basis in verhouding tot die volume water.
Diprotiese suur
‘n Suur wat 2 protone kan skenk (bv. swaelsuur)
Dissosiasie
Die proses waardeur ioniese verbindings in ione opbreek.
Eindpunt
DIe punt in ‘n titrasie waar ‘n indikator van kleur verander.
Ekwivalentpunt
Die punt in reaksie waar ekwivalente hoeveelhede suur en basis volledig gereageer het.
Hidrolise
Die reaksie van ‘n sout met water.
Ionisasie
Die proses waarin ionde gedurende ‘n chemiese reaksie gevorm word.
Ka-waarde
Die ionisasie-konstante vir ‘n suur
Kb-waarde
Dissosiasie- of ionisasie-konstante vir ‘n basis
Lowry-Bronsted teorie
‘n Suur is ‘n protonskenker
‘n Basis is ‘n proton-ontvanger
Monoprotiese suur
‘n Suur wat een proton kan skenk bv HCl