Langvrae Flashcards

1
Q

Diskontobeleid

A

Ekspansionistiese diskontobeleid. Ekspansionistiese diskontobeleid verwys na ‘n monetere beleid wat die SARB sal in plek stel in die geval waar hulle ekonomiese groei in die land wil stimuleer. Hierdie sal verkry word deur om die BA koers te verlaag. Waar die BA koers die koers is waarteen kommersiele banke geld deponeer en onttrek vanaf die SARB. Deur om hierdie BA koers te verlaag sal banke hulle rentekoerse verlaag. Die SM kurwe sal sodoende uitwaarts beweeg. Hierdie sal gebeur omdat banke meer kliente wil bykry of net nie van hulle eie kliente verloor nie; hulle is bang vir mededinging. met die i wat verlaag sal investering verhoog. Ondernemings sal dus meer geld investeer en met die laer rentekoers sal individue nie meer so geneig wees om te spaar nie en liewers spandeer. Hierdie sal C verhoog en die totale M3 in die land ook verhoog. 2 van die keynsiaanse vraagkomponente styg dus en as gevolg daarvan is daar ‘n sosiale koste daaraan verbonde nl inflasie in ruil vir ekonomiese groei.

Inflasioenere diskontobeleid is daarop gerig om inflasie te bekamp. Hierdie sal verkry word deur die MBK wat die BA Koers verhoog. Die verhoogde BA koers sal maak dat komm banke hulle rentekoerse verhooog aangesien hulle nie enige van hulle winste wil verloor nie. Dit sal beteken dat die investering daal agv die prima uitleenkoers wat styg. Hierdie styging in i sal ‘n Direkte effek he op die totale M3 in die land. Omdat die rentekoers so hoog is sal mense meer geneig wees om te bespaar. Individue sal ook nie meer so baie geld he om te spandeer nie en pryse begin vgl. Met hierdie vglking sal vervaardigers hulle pryse laat daal of dit net laat bly waar dit tans is. Hierdie sal sodoende inflasie bekamp.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Vgl Kapitalisme met sosialisme

A

Kapitalisme:

  1. Die vader van kapitalisme is Adam Smith
  2. Die grondslag vir kapitalisme is gesetel in die boek Wealth of Nations
  3. Die sentrale probleem naamlik skarsheid tesame met die kernvrae van WAT HOE en VIR WIE word opgelos deur die Markkragte van vraag en aanbod
  4. Die PF sal in die hande van die individu wees en die individu sal die PF aanwend tot voordeel van homself en gevolglik indirek tot voordeel van die gemeenskap
  5. Prysbepaling sal geskied met behulp van vraag en aanbod. Surplusse en tekorte sal uitgeskakel word deur die effektiewe werking van markmeganisme.
  6. Geen staatsbetrokkenheid word gevra nie en ‘n laissez Faire ekonomie word gebruik.
  7. Private inisiatief is aanvaar en die individu is geregtig om ‘n wins te maak om hom te verryk.
  8. Klasse verkil kom voor met relatiewe armoede.
  9. Wins is die dryfveer van die stelsel en is grootliks verantw vir die onwikkeling wat plaasvind.
  10. Die stelsel besit ‘n demokratiese bestuurstyl.
  11. Vryheid van spraak, keuse en optrede word gevind
  12. Relatiewe armoede.

Sosialisme:

  1. Vader is Karl Marx
  2. Geformuleer in Das Kapital
  3. Volgens sosialisme sal die staat die vrae van “Wat, HOE en VIR WIE” beantwoord. Die beste voorbeeld van hierdie vorm van bevelekonomie word gevind in die vyf jaar planne van Stalin.
  4. Die PF sal in die hande van die staat wees, wat dit sal aanwend tot voordeel van die gemeenskap.
  5. Prysbepaling word deur die staat gedoen. Surplusse sal deur die staat herverdeel word.
  6. Staatsbetrokkenheid vind plaas. Die staat beplan die ekonomie en gevolglik word daarna verwys as ‘n beplande ekonomie.
  7. Geen private inisiatief word gevind nie en alle surplusse wat gegenereer word sal deur die staat eweredig onder die gemeenskap verdeel word.
  8. Geen klasse verskille word gevind en absolute gelykheid word gevind.
  9. Gelykheid is die dryfveer van die stelsel. Dit lei grootliks tot die afwesigheid van die winsmotief en is ‘n demotiveerder om te ontwikkel.
  10. Diktatuur
  11. Geen vryheid van spraak, keuse en optrede word gevind nie. Teenspraak kan met geweld onderdruk word deur die regering.
  12. Absolute armoede word gevind en waar tekorte ondervind word, sal die staat herverdeling laat geskied deur rantsoenering
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Faktore wat die elastisiteit van vraag beinvloed

A
  1. Die bestaan van substitute produkte
  2. Die bestaan van komplimente
  3. Die aard van die produk
  4. Relatiewe belangrikheid van ‘n artikel
  5. Die aantal gebruik van ‘n artikel
  6. Duursaamheid van produkte
  7. Inkomstegroep
  8. Gewoontevormende artikels
  9. Tyd
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

Voordele en nadele van globalisasie.

A
  1. Groter handel - Dit bied gediversifiseer produkreeks vir verbruikers sowel as ‘n groter keuse van lae koste goedere en substitute wat sal lei to verhoogde lewenstandaard. Groter handel gee aanduiding tot spesialisasie en skaalvoordele wat tot op sy laagste gedruk kan word.
  2. Toegang tot gespesialiseerde goedere - Lande word verplig om spesialisasie na ‘n verdere vlak te neem. Dit sal lande bevoordeel deurdat landsburgers toegang sal verkry tot groter verskeidenheid gespesialiseerde produkte. Dit het ‘n hoer monetere waarde en ‘n hoer kwalitiet wat tot ‘n verhoging in LS lei.
  3. Invloei van kapitall en private investerings - Kennis rakende doeltreffende en optimale beleggingsmoontlikheide is vrylik beskikbaar en sal kapitaal na ontwikkelende lande lok. Die verhoging in die versnelling van kapitaalbeweging sal die tempo van ontikkeling versnel. Kapitaal sal vrylik kan vloei na die plek van die hoogste opbrengs. Ontwikkelende lande se kapitallbasis sal gestimuleer word. Dit lei tot buitelandse investering wat infrastruktuur verhoog en tot ‘n hoer LS lei
  4. Verhoog lewenstandaard -Die verhoogde onwikkeling sal die LS van die individu verhoog.
  5. Verhoogde BI - BI in lande kan regerings help om geld beskikbaar te stel vir onderwys en gesondheid. Dit sal die kapitaalbasis van ‘n land verhoog en dus die LS ook verhoog.
  6. Uitruiling van tegnologie - Lande kan die beste beskikbare tegnologie met mekaar deel en daaruit leer. Daar kan dus ‘n simbiotiese verhouding ten opsigte van tegnologiese ontikkeling plaasvind wat lewenskoste kan verlaag en LS verhoog. Verbeterde toegang tot inligting.
  7. Toegang tot internasionale kapitaalmarkte - Globalisering gaan lei tot die finale afskaffing van valutabeheer. Dit sal beteken dat kapitaal kan gemaklik vloei na punte waar dit die beste moontlike opbrengs sal verdien.
  8. Blootstelling van nuwe idees, tegnologie en produkte - Inligting is maklik beskikbaar wat sal lei tot invensie en innovasie.
  9. Groter mededinging - Verhoogde internasionale mededinging gaan maak dat die verbruiker die voordeel gaan kry van internasionale skaalvoordele en oneffektiewe maatskappye sal misluk. Suksesvolle maatskappye soos McDonalds gaan internasionale handelsname word. Daar word egter gevind dat in nie mededingende lande sal die arbeidsmark onder druk geplaas word. Hierdie kan uitgeskakel word deur te spesialiseer in ‘n land se komporatiewe voordeel.

NADELE

Die nadele is gesetel in die druk wat op die arbeidsmark geplaas word in ontwikkelende en onderontwikkelde lande.

  1. Gebrek aan aanspreeklikheid - Globalisasie gaan lei tot die skep van MNO’s wat gebruik sal maak van plaaslike arbeid. Gevolglik sal regerings minder seggenskap verkry in die plaaslike arbeidsmark. Die regering moet steeds werk voorsien and die MNO uit die land onttrek en die kwessie van wie gaan aanspreeklik gehou word kom in.
  2. Kwesbaarheid - Die mislukkeing van ‘n MNO sal nie in slegs een land gevoel word nie, dit sal die werkloosheidsprobleem internasionaal beinvloed. Die distribusiekanaal van Ontw en onderOntw word meer onder druk geplaas.
  3. Armoede - Globalisasie gaan die gaping tussen die bevoorregtes en behoeftiges vergroot. Globalisering se voordele is slegs beskikgbaar vir lande met doeltreffende tegnologiese stelsels wat ‘n sterk kapitaalbasis vereis. Lande wat armer is sal nie die voordele van berbeterde kommunikasie en vervoer kan bekostig nie. Hierdie kan tot konflik lei.
  4. Kultuurverlies - Globalisasie lei tot Amerikanisering of verwestering. Etniese gebruike en tradisies gaan verlore in die gemeenskaplike standaardisering van ID.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly