KORTVRAE: BL 43 - 67 Flashcards
Noem twee belangrike dinge wat gebeur op die dag waarop Elton verslaap.
Elton verslaap op die dag van die speltoets en entrepreneursdag.
verduidelik in jou eie woorde wat die volgende aanhaling op bl. 43, beteken: “van stres val al die planne wat ek maak deur gate in my brein.”
Hy probeer planne maak om homself uit die moeilikheid te kry. Niks werk uit nie, want hy dink nie helder nie en is paniekerig
Gee goeie Afrikaanse woorde vir die volgende woorde wat deur Elton gebruik word: 3.1 “snol” (bl. 43) 3.2 “leopard crawl” (bl. 44) 3.3 “twin blade” (bl. 45) 3.4 issues” (bl. 46) 3.5 “speaker”
hardloop 3.2 kruip seil 3.3 skeermes skeermeslem 3.4 probleme 3.5 luidspreker
Noem vier probleme wat Elton op bl. 46 met juffrou Broom bespreek.
Sy ma het vergeet om vir hom spuite van die hospitaal af gebring.
Hy het nie ‘n blikoopmaker nie
Mnr. Wolmarans is altyd kwaad vir hom oor sy werk en sy punte
Letitzia het gesê sy kan nie op hom staatmaak nie.
Dinge is moeiliker hier as waar hy vandaan kom
Hy wens hy kan teruggaan na sy pa toe.
Wat beteken dit as Elton sê hy kry “verbale maagwerkings”?
Dit beteken dat, toe hy eers aan die praat raak, hy glad nie kon ophou nie.
Hy het net aangehou en aangehou tot hy alles vir juffrou Broom vertel het.
Verduidelik watter slim plan Elton maak om sy produkte tydens entrepreneursdag verkoop te kry, nadat juffrou Broom vir hom ‘n blikoopmaker bring
Elton het ‘n blikoopmaker by juffrou Broom gekry. Hy adverteer toe die blikke kondensmelk teen R20 elk, met een van Dawid se pakkies lekkergoed gratis daarby. Daar kon ook teen R2 geraai word hoeveel Jelly Tots in ‘n pakkie is. Die wenner kon dan twee blikke kondensmelk en twee pakke Jelly Tots wen
Waarom dink Elton dat sy ma vir hom gejok het toe sy gesê het dat sy nagskof by die hospitaal moes werk?
Daar het ‘n man by die skoolhekkie vir Elton se ma gestaan en wag. Elton was oortuig dat sy ma nie die vorige aand nagskof gewerk het nie, maar eerder saam met die vreemde man was
Gee ‘n beskrywing van die tipe man waarop Elton se ma gewoonlik verlief raak. Noem ten minste (3) drie eienskappe van hierdie tipe man.
Hy dra sy broeke een grootte te klein.
Hy dra skerppuntskoene en groot gespes aan sy belde.
Sy hare is gewoonlik te lank, olierig of lyk na ‘n pruik.
Hy is gewoonlik “slymerig”
Vir watter nuutskepping het Elton se ry 500 punte verdien? Wat beteken hierdie uitdrukking?
Elton het 500 punte vir sy span verdien met sy nuutskepping “kriek in die koffie”. Dit beteken daar is ‘n probleem
Watter drie dinge het op een dag verkeerd geloop, wat vir Elton aan sy ouma Jansie se uitdrukking “slegte goed gebeur in dries”, laat dink het
Sy ma het nie die spuite vir hom gekry nie.
Hy en sy twee vriende het detensie gekry.
Hy moes uitmis op die liga-rugbywedstryd daardie middag.
Wie het die Spar-tekenkompetisie gewen?
Dawid Bekker het die tekenkompetisie gewen
Op watter oorspronklike manier leer juffrou Broom vir Elton-hulle hul spelwoorde onthou?
Juffrou Broom laat die drie seuns rympies en liedjies opmaak om die spelling van die woorde te onthou.