KORTVRAE: BL 23 - 42 Flashcards

1
Q

Op watter twee maniere kan Elton sien dat daar moeilikheid gaan wees toe hy by juffrou Broom se klas aankom?

A

a) Sy het Vis se punteboek in haar hand iets wat gewoonlik vir Elton nagmerries gee. b) Die datum op die bord is Vrydag die dertiende wat slegte geluk beteken as mens bygelowig is

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Noem drie Afrikaanse spreekwoorde wat as reëls in juffrou Broom se klas opgeplak moes word. Sê ook wat elkeen van hierdie spreekwoorde beteken.

A
  1. a) Kannie is dood van kruiwa stoot jysal kan doen wat jy dink onmoontlik is, as jy hard werk. b) Probeer is die beste geweer-deur te probeer, bereik mens jou doel. c) Aanhouer wen deur aan te hou, bereik mens jou doel.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Noem agt “wonderlikhede” waarmee die Afrikaanse taal bevorder kan word, volgens juffrou Broom.

A

Kwinkslae, dubbelsinnighede, nuutskeppings, metafore, vergelykings, ironie, satire en simboliek.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

Dink jy dat juffrou Broom stadigaan besig is om Elton se negatiwiteit teenoor die vak Afrikaans te verander? Gee ‘n rede vir jou antwoord.

A

Ja. Juffrou Broom raas nie gedurig met Elton nie, sy laat hom nie soos ‘n mislukking voel nie. Sy sien sy pogings om saam te werk, raak en beloon dit. Sy trek nie die “slim” kinders, soos Letitzia, voor nie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

Mister Reddy van die plaaslike Spar kondig ‘n kompetisie by die skool aan. In goeie Afrikaans, noem die drie pryse wat in die kompetisie gewen kan word.

A

a) Die skool met die meeste inskrywings, ontvang ‘n geskenkbewys vir R10 000. b) Die kunstenaar van die wen-inskrywing, ontvang R1 000 kontant. c) Die klas waaruit die wen-inskrywing kom, kry elkeen ‘n konfyt-oliebol.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

Met wie het juffrou Broom ‘n verhouding, volgens Letitzia?

A

Letitzia glo dat juffrou Broom ‘n verhouding met Wolles (mnr. Wolmarans) het.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

Hoekom laat juffrou Broom die klas ‘n opstel skryf oor selfoon-etiket?

A

Juffrou Broom laat die hele klas toets skryf oor selfoon-etiket, omdat Letitzia haar gebel het en gemaak het of sy iemand anders (Letitzia se ma) is. Letitzia het ook vir juffrou Broom ‘n sms gestuur en gemaak of sy wolles se vrou is. Hierdie toets is juffrou Broom se manier om vir Letitzia te straf,

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly