Ken Jy Die See Flashcards
Wat is die digvorm
monoloog/alleenspraak of ʼn ballade
Wat is die tema
Elke mens moet besef dat die lewe duur is, veral die lewe van ʼn visserman. OF Die moeilike bestaan van ‘n visserman.
Wat is die boodskap
As jy vis koop en eet, dink aan die gevare wat die visserman moes trotseer om die vis te vang.
Wat is die toon
onsteld, morbied, hartseer en treurig
Stemming:
Hartseer en ongelukkig en ook skuldig dat jy nie weet wat die vissers moet deurmaak om vis te vang nie.
Tipe verteller:
Ek-spreker
Wie is die spreker:
‘n visserman
Waaroor die titel handel:
Dit is ‘n retoriese vraag met die suggestie dat die persoon met wie gepraat word die see nie ken nie.
Rympatroon:
kruisrym
Waaroor gaan die gedig?
Die visserman is ongelukkig met die voornemende viskoper wat hy as “Meneer” aanspreek. Hy vertel hierdie “Meneer” van die gevare waarmee vissermanne daagliks te doen kry om vars vis op die tafel te sit en dan kla “Meneer” dat die vis duur is.