Eksamenlokaal Flashcards
Digvorm:
Vrye vers
Tema:
Die tema van die gedig is die tipiese omstandighede en stemming wat ʼn mens ervaar wanneer jy eksamen skryf.
Boodskap:
leerders moet nie net die vorige dag vir die eksamen voorberei nie, maar reeds vooraf begin leer het om die spanning wat hulle ervaar te verminder.
Toon:
Spanning en vrees / In die Eksamenlokaal voel die spreker gespanne en bang terwyl hy/sy eksamen skryf.
Stemming:
ʼn ernstige stemming.
Wie is die spreker:
‘n leerder wat ‘n eksamen skryf
Waaroor die titel handel:
Die titel verwys na die plek waar die eksamen plaasvind/geskryf word.
Rympatroon:
Geen vaste rymskema nie
Waaroor gaan die gedig?
beskryf die tipiese atmosfeer wat in ʼn eksamenlokaal heers. Dit handel oor die leerder se angs en onsekerheid terwyl die tyd ook nie stilstaan nie.