Fiela se Kind Flashcards
Wat is die eksposisie
Elias se monoloog waarin hy vir ons van hom en sy kinders vertel. Dit is waar ons inleiding kry oor hoe Lukas van Rooyen weggeraak het. Ons kry ook informasie oor Fiela se ruitme en haar gesin.
Wat is die motorise moment
Die besoek van die sensusmanne
Wat is die ontwikklingsfase
Die sensusmanne gaan terug Knysna toe om uit te vind wat om te doen. Hulle kom later terug om Benjamin Knysna toe te neem.
Wat is die krisisfase
Barta eien Benjamin as haar verlore seun, Lukas, en die magistraat besluit dat hy saam met die van Rooyen gesin moet gaan bly.
Wat is die klimaks
Barta sê vir Lukas dat sy vir die magistraat gelieg het en dat sy dink nie dat hy haar seun is nie.
Wat is die ontknoping
Benjamin neem die naam Benjamin Komoetie en hy keer terug Lange Kloof toe.
Wat is ‘n toneelaanwysing?
(Stage directions) Instruksies vir die mense wat in die drama speel.
Wat is die funksie van die stem op band?
Dit gee inligting of dui aan dat tyd verby gegaan het. Dit verduidelik ‘n tydsverloop.
Wat is die kontras tussen die Boswêreld en Langekloof
Die Bos is dig, boomryk, koel en vrugbaar terwyl Langekloof oop en ruim, droog en warm is.
In die Bos is die meeste mense houtkappers en hulle is arm. Almal is ongeletterd.
In Lange kloof werk Fiela baie hard en al haar kinders lees en hulle is almal gelukkig en het genoeg geld.
Wat is die kontras tussen die van Rooyen en Komoetie gesinne
BLANKE VAN ROOYEN GESIN:
- Bly in die Bos
- Hulle is houtkapers
- Hulle is arm
- Hulle (Elias) is lui
- Hulle is nie godsdienstig nie
- Gewelddadig
KLEURLING KOMOETIE GESIN:
- Bly in die Lange Kloof
- Hulle boer met volstruise
- Hule het geld en besit grond
- Hulle is hardwerkend en trots
- Hulle is gelowig
- Hulle is liefdevol
Name van die van Rooyen familie
Elias
Barta
Lukas
Nina
Willem
Kristoffel
Name van die Komoetie familie
Fiela
Selling
Dawid
Tollie
Kittie
Emma
Benjamin
Wat is die funksie van Tant Marie?
Sy skep spanning, want sy dink altyd Dat die ergste gaan gebeur en sy vertel stories van kinders wat weggeraak het wanneer Lukas weggeraak het.
Sy verwag altyd die ergste gaan gebeur en is die “doemprofeet”
Wie is die hoofkarakter (protagonis) van die drama
Benjamin Komoetie/ Lukas
Wie is die hoof antagonis in die drama?
Elias van Rooyen