Hoofstuk 6: Fiskale Beleid Flashcards
3 Vlakke van ‘n onafhanklike regstelsel
- Nasionaal (ongeveer 37 liggame)
- Provinsiaal
- Plaaslik (Metro, Distrikte, Munisipaliteite)
- Openbare ondernemings & korporasies (bv. Eskom, SABC)
Die Fiskale begroting bestaan uit: (2)
- Belastinginkome
- Owerheidsbesteding
3 Inkomebelastingstrukture
- Progressiewe belasting
- Proporsionele belasting
- Regressiewe belasting
Progressiewe belasting
Die belastingkoers styg soos ‘n individu se belasbare inkome styg. ‘n Progressiewe belasting word normaalweg beperk tot ‘n sekere vlak.
Proporsionele inkomstebelasting
Dieselfde belastingkoers vir alle belasbere inkome vlakke. Dit word ook soms ‘n vaste belastingkoers genoem.
Regressiewe inkomstebelasting
Die belastingkoers verminder soos die individu se belasbare inkome styg, bv. BTW, sondebelasting
Die Marginale Belastingkoers
Die verandering in ‘n persoon se belastingbetaling gedeel deur die verandering in sy/haar belasbare inkome
2 Tipes tekorte
- Sikliese tekort
- Strukturele tekort
Sikliese tekort
Die gedeelte van die begrotingstekort wat veroorsaak word deur ‘n afname in ekonomiese aktiwiteit.
Strukturele tekort
Die gedeelte van die begrotingstekort wat sou bestaan al was die ekonomie by volle indiensname.
Openbare skuld
Die totale bedrag wat die owerheid aan krediteure skuld.
Fiskale Beleid
Bestaan uit veranderinge in owerheidsbesteding en/of belasting om sekere ekonomiese doelwitte soos lae werkloosheid, prysstabiliteit en ekonomiese groei te bereik.
2 Fiskale Beleidsopsies
- Uitbreidende Fiskale Beleid
2. Inkrimpende Fiskale Beleid
Uitbreidende Fiskale Beleid
‘n Toename in owerheidsbesteding en/of ‘n afname in belasting om spesifieke ekonomiese doelwitte te bereik.
Inkrimpende Fiskale Beleid
‘n Afname in owerheidsbesteding en/of ‘n toename in belastinginkome om spesifieke ekonomiese doelwitte te bereik.
2 Tipes fiskale beleid
- Diskresionêre Fiskale beleid: Doelbewuste verandering in owerheidsbesteding/belasting om spesifieke ekonomiese doelwitte te bereik.
- Outomatiese Fiskale beleid: Veranderinge in owerheidsbesteding en/of belasting wat outomaties gebeur sonder (addisionele) parlementêre aksie.
2 Kern aannames om te maak as ons met Keynesiaanse teorie werk t.o.v. Fiskale beleid
- Ons werk slegs met diskresionêre fiskale beleid.
- Enige verandering in owerheidsbesteding is a.g.v. ‘n verandering in owerheidsaankope en nie a.g.v. verandering in oordragbetalings nie.
Vraagkant Fiskale Beleid
‘n Verandering in belasting kan verbruiksbesteding of investering of albei beïnvloed en kan dus AD verander en gevolglik die AD-kurwe skuif.
Hoe kan die owerheid die resessionêre gaping uitwis?
- Deur owerheidsbesteding te verander
- Deur belasting te verander
Indien die regering owerheidsbesteding aanpas: (om die resessionêre gaping uit te wis)
- G is outonoom d.w.s. verandering in G gaan deur die werking van die Keynesiaanse (inkome) vermenigvuldiger (k) ‘n impak op AD en op reële BBP (Y) hê.
- Verandering in Y = verandering in G x k
Indien die regering belasting verander: (om die resessionëre gaping uit te wis)
- T is outonoom en staan bekend as ‘n enkelbedrag (lompsom) belasting. Wanneer T verander, verander Yd .
- Yd = Y - T
- Yd = C + S
- Verandering in Y = verandering in T x (-MPC).k