Hoofstuk 2: BBP en reële BBP Flashcards
Bruto Binnelandse Produk
Die totale markwaarde (teen markpryse) van alle finale goedere en dienste geproduseer binne ‘n land se geografiese grense binne ‘n sekere tydperk.
BBP per capita
BBP gedeel deur aantal mense in bevolking
Noem 6 transaksies wat nie by BBP ingesluit is nie
- Nie-mark goedere en dienste bv. as huishouding imeand betaal vir tuinwerke/huishulp.
- Ondergrondse aktiwiteite : wettig (belastingontduiking) of onwetting (kokaïen verkope)
- Verkoop van tweedehandse goedere
- Finansiële transaksies
- Oorbetalings gemaak deur die owerheid
- Vryetydsbesteding
3 metodes om BBP te bereken
- Besteding
- Inkome
- Produksie
4 Komponente van die bestedingsbenadering
- C : Huishoudings se verbruik op duursame goedere (>3j), nie-duursame (<3j) goedere en dienste.
- I : Ondernemings (beleggings) - die aankope van nuwe kapitaalgoedere, verandering in voorraad en die aankope van nuwe residensiële behuising.
- G : Owerheidsbesteding uitgesluit oordragbetalings.
- Buitelandse sektor - [EX - IM]
Faktorkoste
Bedrag deur produksiefaktore ontvang
Basiese pryse
- Bedrag deur produsente ontvang
- Faktorkoste + indirekte belasting - subsidies op produkSIE
Markpryse
- Bedrag deur verbruiker betaal
- Basiese pryse + indirekte belasting - suksidies op produkTE
Wat is die Easterlin Paradoks?
- Soos wat mense ryker word in ‘n land, neem hul vlakke van geluk toe, MAAR
- mense in ryker lande is nie noodwendig gelukkiger as mense in arm lande nie.
Bruto Binnelandse Besteding (BBB)
- Totale waarde van besteding aan goedere en dienste binne die land.
- C + I + G
Bruto Nasionale Produk (BNP)
- Totale inkome deur ‘n land se permanente burgers verdien
- BBP + alle primêre (faktor)inkome ontvang van die res van die wêreld minus alle primêre (faktor)inkome betaal aan die res van die wêreld.
Berekening van Nasionale inkome: (5)
- Vergoeding van werknemers +
- Eienaars se inkome (self-employed) +
- Korporatiewe winste +
- Rente inkomste
Netto Nasionale Produk (NNP)
- Totale inkome deur ‘n land se permanente burgers verdien minus depresiasie
- BNP - depresiasie
(Netto) Nasionale Inkome (NI)
- Totale inkome deur ‘n land se burgers verdien deir die produksie van goedere en dienste.
- NNP + subsidies - indirekte belastings
Persoonlike Inkome (PI)
- Inkome werklik deur huishoudings ontvang
- NI + oordragbetalings - inkome nie aan huishoudings oorbetaal.