Hoofstuk 4: Die Self-Regulerende Ekonomie Flashcards
Die wet van Say
- Aanbod skep sy eie vraag in ‘n ruilhandel-ekonomie.
- Produksie skep genoeg vraag om al die goedere en dienste te koop wat die ekonomie produseer.
Wat impliseer die wet van Say?
Dat daar nie ‘n algemene oor- of onderproduksie van goedere kan wees nie.
Geld die wet van Say steeds?
Ja, die wet van Say geld nog steeds in ‘n geldekonomie waar individue soms minder bestee as hul volle inkome
- Hierdie argument is gedeeltelik gebaseer op die aanname van buigsame rentekoerse
Die aanname van buigsame rentekoerse
- Rentekoerse pas aan sodat besparings = investerings
- pryse en lone pas aan om ewewig te bewerkstellig
- Enige afname in verbruiksbesteding en gevolglike toename in besparings sal lei tot ‘n toename in investering
Reële BBP
BBP geproduseer wanneer die ekonomie in langtermynewewig is (?)
Natuurlike reële BBP
Reële BBP wat teen die natuurlike werkloosheidskoers geproduseer word.
Die 3 toestande van die ekonomie m.b.t. uitset
- Resessionêre gaping: Reële BBP < Natuurlike reële BBP
- Inflasionêre gaping: Reële BBP > Natuurlike reële BBP
- Langtermynewewig: Reële BBP = Natuurlike reële BBP
Die 3 toestande van die ekonomie m.b.t. die arbeidsmark
- Resessionêre gaping: U > U(N) en ‘n ooraanbod van arbeid bestaan.
- Inflasionêre gaping: U < U(N) en ‘n tekort aan arbeid bestaan.
- Langtermynewewig: U = U(N)
Fisiese Produksiemoontlikheidskurwe
Dui die verskillende kombinasies van goedere aan wat die ekonomie kan produseer, gegee die fisiese beperkings van (1) beperkte hulpbronne en (2) huidige stand van tegnologie
Institusionele Produksiemoontlikheidskurwe
Illustreer verskillende kombinasies van goedere wat die konomie kan produseer, gegee die 2 fisiese beperkings plus insitusionele beperkings bv. minimum loon
Wanneer is U dan < U(N) ?
Wanneer die ekonomie tussen die fisiese en institusionele produksiemoontlikheidskurwes produseer
Wat gebeur as ‘n (self-regulerende) ekonomie in ‘n resessionêre gaping is?
- Die surplus in arbeid sal afwaartse druk op lone uitoefen.
- Namate die loonkoers val, sal die SRAS-kurwe na regs verskuif.
- Prysvlakke sal daal en die hoeveelheid gevra van reële BBP sal toeneem (a.g.v. die reële geldbalans -, rentekoers-. en internasionale handel effek)
- Solank as wat die ekonomie se reële BBP kleiner is as die natuurlike reële BBP, sal die prys aanhou daal en uiteindelik sal die ekonomie in langtermynewewig wees.
Wat gebeur as ‘n (self-regulerende) ekonomie in ‘n inflasieonêre gaping is? (KORTLIKS)
- Reële BBP > Natuurlike reële BBP
- U < U (N)
- Tekort in arbeidsmark
- Lone styg
- SRAS-kurwe sal regs skuif
- Ekonomie beweeg na langtermynewewig
Daar bestaan ook beleidsimplikasies van die siening dat die ekonomie self-regulerend is. Verduidelik Laissez-faire
- Laisssez-faire is ‘n openbare beleid om nie in te meng in die mark-aktiwiteite van die ekonomie nie. Die owerheid moet nie normale markuitkomstes aanhelp nie. (D.w.s. nie handelsbeperkings, vloerpryse of prysplafonne, produkregulasies ens. afdwing nie.)
- Die owerheid het egter ‘n rol te speel bv. om te help met die ontwikkeling van markte, in die voorsiening van nasionale verdediging, ens.
Sakesiklus makro-ekonomie
Die veranderinge in reële BBP met ‘n vaste LRAS-kurwe