Hoofstuk 3: Totale Vraag en Totale Aanbod Flashcards

1
Q

m.b.t. produksie gebruik ons 2 periodes, naamlik:

A

Korttermyn

Langtermyn

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Totale Vraag bestaan uit die volgende 4 komponente:

A
  1. Huishoudings (C)
  2. Ondernemings (I)
  3. Owerheid (G)
  4. Buitelandse sektor (EX - IM)

C + I + G + (EX - IM)

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Totale (“aggregate”) Vraag

A

Die hoeveelheid gevra van alle goedere en dienste (reële BBP) teen verskillende prysvlakke, ceteris paribus.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

Totale Vraagkurwe (AD-Kurwe)

A

Kromme wat die hoeveelheid gevra van alle goedere en dienste (reële BBP) teen verskillende prysvlakke aandui.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

Waarom is die Vraagkurwe negatief hellend?

A
  1. Reële geldbalans effek
  2. Rentekoers effek
  3. Internasionale handel effek
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

Verduidelik die Reële Geldbalans effek volledig

A
  • Dit word gevestig deur veranderinge in die waarde van monetêre rykdom (geld) of die waarde van ‘n persoon se rykdom.
  • Veranderinge in monetêre rykdom neem gewoonlik die vorm van verhoogde/verminderde koopkrag aan.
  • ‘n Styging in prysvlakke veroorsaak dat koopkrag daal, wat ‘n persoon se monetêre rykdom verminder.
  • Soos wat mense se rykdom verminder, daal hoeveelheid gevra.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

Verduidelik KORTLIKS die Reële geldbalans effek op hoeveelheid gevra indien prysvlakke daal:

A
  • Koopkrag neem toe
  • Monetêre rykdom neem toe
  • Verbruikers kan meer goedere koop
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
8
Q

Verduidelik KORTLIKS die Reële geldbalans effek op hoeveelheid gevra indien prysvlakke styg:

A
  • Koopkrag daal
  • Monetêre rykdom neem af
  • Verbruikers koop minder goedere
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
9
Q

Verduidelik volledig die Rentekoers effek

A
  • Dit word gevestig deur veranderinge in die deel van huishoudelike- en besigheidsbesteding wat sensitief is vir ‘n verandering in rentekoerse.
  • Indien die prysvlak val, styg die verbruiker se koopkrag van geld. Hul kan goedere koop met minder geld en die oorblywende geld spaar, die aanbod van krediet neem toe, die prys van krediet neem af.
  • Soos die rentekoers daal, leen meer verbruikers en besighede geld en so koop hul meer goedere en dienste.
  • Hoeveelheid gevra van reële BBP styg
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
10
Q

Verduidelik KORTLIKS die rentekoers effek op hoeveelheid gevra indien prysvlakke daal

A
  • Koopkrag styg en minder geld word benodig vir ‘n gegewe hoeveelheid goedere.
  • Meer geld word gespaar.
  • Rentekoerse daal.
  • Besighede en individue leen meer.
  • Koop meer goedere :)
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
11
Q

Verduidelik KORTLIKS die rentekoers effek op hoeveelheid gevra indien prysvlakke styg

A
  • Koopkrag daal
  • Geld word geleen om ‘n gegewe hoeveelheid goedere te kan bekostig
  • Vraag na krediet styg
  • Rentekoerse styg
  • Besighede en individue leen minder
  • Koop minder goedere
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
12
Q

Verduidelik volledig die internasionale handel effek

A
  • Dit verwys na die verandering in buitelandse sektor- besteding namate die prysvlak verander
  • Veronderstel die prysvlak in SA daal, dan word goedere relatief goedkoper as buitelandse goedere & Suid-Afrikaners & buitelanders koop meer SA goedere.
  • Die hoeveelheid gevra van Suid-Afrikaanse BBP styg
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
13
Q

Verduidelik KORTLIKS die Internasionale Handel effek op hoeveelheid gevra indien prysvlakke styg

A
  • Suid-Afrikaanse goedere is relatief goedkoper as buitelandse goedere.
  • Beide Suid-Afrikaners en buitelanders koop meer Suid-Afrikaanse goedere :)
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
14
Q

Verduidelik KORTLIKS die Internasionale Handel effek op hoeveelheid gevra indien prysvlakke daal

A
  • Suid-Afrikaanse goedere is relatief duurder as buitelandse goedere
  • Beide Suid-Afrikaners en buitelanders koop minder goedere
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
15
Q

Wanneer verander hoeveelheid gevra (beweging OP vraagkurwe) ?

A

As prysvlakke verander

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
16
Q

Wanneer verander totale vraag (beweging VAN vraagkurwe links of regs)?

A

As besteding op Suid-Afrikaanse goedere en dienste verander (sonder dat prysvlakke verander)

17
Q

Watter faktore sal lei tot ‘n verandering in totale vraag?

A
  • Totale besteding op BBP = C + I + G + (EX-IM)

- D.w.s veranderinge in C, I, G, EX en EM sal direk tot veranderinge in reële BBP (dus totale vraag) lei.

18
Q

Wat sal lei tot ‘n verandering in verbruiksbesteding (C) en dus ook totale vraag? (4)

A
  • Verandering in rykdom
  • Verwagtinge oor toekomstige pryse en inkome
  • Rentekoerse
  • Inkomstebelasting
19
Q

Wat sal lei tot ‘n verandering in investering (I) en dus ook totale vraag? (3)

A
  • Rentekoerse
  • Verwagtinge oor toekomstige verkope
  • Besigheidsbelasting
20
Q

Wat sal lei tot ‘n verandering in netto uitvoere (EX - IM) en dus ook vraag? (2)

A
  • Buitelandse reële inkome

- Wisselkoerse

21
Q

Appresiasie

A

‘n Toename in die waarde van een geldeenheid relatief tot ander geldeenhede

22
Q

Depresiasie

A

‘n Afname in die waarde van een geldeenheid relatief tot ander geldeenhede

23
Q

Geldvoorraad het ook ‘n invloed op totale vraag. Hoekom?

A
  • ‘n Geldvoorraad verandering beïnvloed rentekoerse
  • ‘n Verandering in rentekoerse beïnvloed verbruik en investering
  • ‘n Verandering in verbruik en investering beïnvloed totale vraag :)
24
Q

Totale Aanbod (AS)

A

Die hoeveelheid aangebied van alle goedere en dienste (reële BBP) teen verskillende prysvlakke, ceteris paribus

25
Q

Korttermyn totale aanbod (SRAS) kurwe

A

‘n Kurwe wat die hoeveelheid goedere en dienste (reële BBP) aangebied teen verskillende prysvlakke aandui, ceteris paribus.

26
Q

Hoekom het die SRAS-kurwe ‘n positiewe helling? (2)

A
  • Stram lone (“Sticky wages”)

- Werkers se foutiewe persepsies

27
Q

Verduidelik Stram Lone

A
  • Lone kan onbuigsaam wees omdat dit vir jare deur arbeidskontrakte beperk word of a.g.v. sekere sosiale konvensies of waargeneemde begrippe van regverdigheid.
  • Firmas betaal nominale lone, maar hul besluit dikwels om werkers te huur op grond van reële lone (nominale lone gedeel deur die prysvlak)

(As reële lone styg, saal die hoeveelheid arbeid aangebied toeneem en die hoeveelheid arbeid gevra afneem, visa versa)

28
Q

Verduidelik werkers se foutiewe persepsies

A
  • Werkers kan onbewus wees van die prysvlak in die ekonomie / veranderinge
  • D.w.s. bv. nominale lone en prysvlakke daal , reële lone bly dieselfde, maar werkers dink (foutief) dat reële lone daal, werkers verminder die hoeveelheid arbeid aangebied en ‘n kleiner uitset (reële BBP) word gelewer.
29
Q

Wat kan veranderinge in die SRAS veroorsaak? (dat kurwe skuif) (4)

A
  • Loonkoers
  • Pryse van nie-arbeid insette
  • Produktiwiteit
  • Aanbodskokke (Voordelig of Nadelig)
30
Q

Verduidelik hoe ‘n verandering in die loonkoers ‘n verandering in SRAS kan veroorsaak?

A
  • ‘n Hoër loonkoers beteken hoër uitgawes vir ‘n onderneming en, teen konstante pryse, laer winste en ‘n afname in die hoeveelheid eenhede wat geproduseer kan word.
31
Q

Verduidelik hoe ‘n verandering in die prys van nie-arbeid insette ‘n verandering in SRAS kan veroorsaak?

A

‘n Toename in die pryse van nie-arbeid insette sal die SRAS na links beweeg.

32
Q

Verduidelik hoe ‘n verandering in produktiwiteit ‘n verandering in SRAS kan veroorsaak?

A
  • Produktiwiteit is die hoeveelheid uitset geproduseer per eenheid arbeid per spesifieke eenheidstyd
  • ‘n Toename in arbeidsproduktiwiteit sal veroorsaak dat die onderneming meer uitset lewer en dus die kurwe regs verskuif.
33
Q

Verduidelik hoe aanbodskokke ‘n verandering in SRAS kan veroorsaak?

A
  • Aanbodskokke is groot natuurlike/ institusionele veranderinge wat totale aanbod beïnvloed
  • Nadelige skokke verskuif die kurwe links en voordelige skokke verskuif die kurwe regs (obviously)
34
Q

Korttermyn Ewewig

A
  • Korttermyn ewewig is die prys en hoeveelheid waarteen SRAS = AD
  • Indien hoeveelheid aangebied > hoeveelheid gevra, bestaan daar ‘n tekort (pryse sal dan daal, vraag toeneem, ens.)
  • Indien hoeveelheid aangebied < hoeveelheid gevra, bestaan daar ‘n surplus (pryse sal styg, verbruik sal afneem, ens.)
35
Q

Natuurlike reële BBP

A

Die reële BBP wat geproduseer word teen die natuurlike werkloosheidskoers. Asook die reële BBP wat geproduseer word wanneer die ekonomie in langtermyn-ewewig is.

36
Q

Langtermyn-ewewig

A

Die toestand wat bestaan wanneer lone en pryse aangepas het tot ekwilibrium vlakke en wanneer werkers geen foutiewe persepsies het nie (die LRAS is ‘n vertikale lyn wat natuurlike reële BBP en langtermyn-ewewig weerspieël)