Hoofstuk 5: Keynesiaanse Makro-ekonomie Flashcards
Wie is John Maynard Keynes?
‘n Prominente Britse ekonoom (1883 - 1946)
Beskryf die ekonomiese onstabiliteit tydens die Groot Depressie (2)
- Hoë werkloosheid
- Ekonomie was nie in staat om volle indiensname (langtermynewewig) terug te keer nie en het dus bewys dat dit nie self-regulerend is nie.
4 Van die Klassieke sienings wat Keynes uitgedaag het (of kritiek oor gehad het)
- Say se wet is so gestel dat onvoldoende vraag in die ekonomie onwaarskynlik is.
- Lone, pryse en rentekoerse is buigsaam
- Die ekonomie is self-regulerend
- Laissez-faire is die regte benadering
Die Klassieke siening sê: Die hoeveelheid gespaar en i het ‘n direkte verband. Spaarders sal meer spaar teen ‘n hoër i en minder teen ‘n laer i. Die hoeveelheid belê het ‘n inderekte verband met i. Besighede sal meer belê teen ‘n laer i en meer teen ‘n hoër i.
Say se wet is nie geldig in ‘n geldekonomie nie. Spaarders mag dalk nie meer spaar teen ‘n hoër i of minder teen ‘n laer i nie. Indien iemand ‘n spaardoelwit in gedagte het, sal ‘n hoër i beteken dat hul minder kan spaar om hul doelwit te bereik.
Verwagte opbrengs op investerings en besigheidsverwagtinge speel ‘n groter rol op I as rentekoerse.
Die Klassieke siening sê dat lone buigsaam (veral afwaarts) is. Wat se Keynes?
Lone is onbuigsaam afwaarts:
- Werkers weerstaan “wage cuts”
- Langtermyn arbeidskontrakte
- “Effektiwiteit” - loon modelle
Die Klassieke siening sê dat pryse (en lone) buigsaam is. Wat sê Keynes?
Pryse neig om onbuigsaam afwaarts te wees.
- Die interne struktuur van die ekonomie is nie altyd kompeterend genoeg om pryse te laat afneem nie (a.g.v. monopolistiese gedrag)
- Werkgewers sal nie so maklik lone laat daal nie a.g.v. langtermyn arbeidskontrakte en a.g.v. gemotiveerde werkers (teen hoër lone).
3 Aannames van die eenvoudige Keynesiaanse model
- Die prysvlak is konstant totdat volle indiensname bereik word.
- Geen buitelandse sektor word in ag geneem nie. D.w.s. Totale besteding/vraag = C + I + G
- Die monetêre kant van die ekonomie word uitgesluit.
AD en besteding
As bestedingskomponente (C,I,G) verander teen ‘n gegewe prysvlak, sal die AD-kurwe SKUIF.
Keynes het 3 basiese standpunte oor besteding gemaak:
- Verbruiksbesteding word bepaal deur besteebare inkome. (Yd = Y - T)
- C en Yd beweeg in dieselfde rigting.
- Wanneer Yd verander, verander C met minder as wat Yd verander het.
Verbruiksfunksie
Die verhouding tussen verbruiksbesteding en besteebare inkomste.
MPC : marginale verbruiksgeneigdheid
MPC x Yd: Geïnduseerde verbruik
Co: outonome verbruiksbesteding
C = Co + MPC x Yd
Verbruiksbesteding kan op 3 maniere verhoog word:
- Verhoog outonome verbruiksbesteding (Co)
- Verhoog besteebare inkome (Yd)
- Verhoog die MPC
Die vermenigvuldigingsproses
Die proses waardeur ‘n aanvanklike toename in outonome verbruiksbesteding (Co) van een persoon lei tot addisionele inkome vir ‘n ander persoon & gevolglik lei tot addisionele verbruiksbesteding(C) deur hierdie persoon.
(‘n Toename in outonome I en G kan ook lei tot addisionele inkome)
Die inkomevermenigvuldiger
Die getal wat vermenigvuldig word met die verandering in outonome besteding om die totale verandering in reële BBP te verkry.
Indien die ekonomie in ‘n resessionêre gaping is?
- is die privaatsektor (huishoudings en ondernemings) daartoe in staat om die ekonomie uit die resessionêre gaping te kry. Indien nie, moet die regering inmeng om AD (en TE) te verhoog.