Hoofstuk 1: Pryse en Werkloosheid Flashcards
Prys
Dit wat ‘n produk kos
Prysvlak
‘n Geweegde demiddelde van die pryse van alle goedere en dienste.
Prysindeks
‘n Maatstaaf van die prysvlak.
Verbruikersprysindeks
Die geweegde gemiddeld van pryse gebaseer op ‘n verteenwoordigende groep van goedere en dienste (markmandjie) wat deur ‘n tipiese huishouding gekoop word.
Die VPI sluit in (7)
- Voedsel
- Behuising
- Klere
- Vervoer
- Mediese sorg
- Rekreasie
- Opvoeding en kommunikasie
Produsenteprysindeks
Die PPI meet die koste van produksie van goedere. Dit is ‘n maatstaaf van pryse soos wat hul hul plek van produksie verlaat of soos wat hulle die produksieproses aanvanklik binnekom. Dit sluit kapitaal en intermediêre goedere (uitgesluit by VPI) in en sluit BTW en dienste (ingesluit by VPI) uit.
Basisjaar
‘n Jaar wat as verwysingspunt, basis of vergelyking van pryse in ander jare gekies word.
Inflasie
‘n Volgehoue styging in die algehele prysvlak.
Inflasiekoers
Die groeikoers van ‘n prysindeks.
Reële inkome
Die koopkrag van inkome - wat gekoop kan word met die geld verdien.
Disinflasie
Inflasie neem af (pryse styg teen ‘n laer koers)
Deflasie
Pryse neem af
Breë Arbeidsmag
Die van die werkende ouderdomsbevolking wat wil en kan werk (ontmoedigde werkers ingesluit)
Eng Arbeidsmag
Die van die werkende ouderdomsbevolking wat wil en kan werk en NIE ontmoedig is nie
Werkende ouderdomsbevolking
15 - 64 jariges
Ekonomies onaktief breë definisie
Almal te jonk (<15) of te oud (>64) om deel te wees van die werkende ouderdomsbevolking + die wat deel is van die werkende ouderdomsbevolking, maar wat NIE wil of kan werk nie.
Ekonomies onaktief eng definisie
Almal te jonk (<15) of te oud (>64) om deel te wees van die werkende ouderdomsbevolking + die wat deel is van die werkende ouderdomsbevolking, maar wat nie wil of kan werk nie + ontmoedigde werkers.
Werkloos (Eng definisie)
Persone tussen 15 en 64 jaar wat kan en wil werk,
- nie indiensgeneem in die verwysingsweek was nie en
- aktief werk gesoek het of probeer het om ‘n besigheid te begin in die 4 weke voor die onderhoud en
- beskikbaar was vir werk (m.a.w. kan in die verwysingsweek begin werk of ‘n besigheid begin) of
- het nie aktief werk gesoek in die 4 weke voor die onderhoud ie, maar het ‘n werk/besigheid wat op ‘n definitiewe datum in die toekoms begin en was ook beskikbaar.
Werkloos (Breeë definisie)
Aantal mense wat werkloos is volgens eng definisie + ontmoedigde werkers (geen vereiste dat persoon aktief moes werk soek nie)
3 Werkloosheidsmaatstawwe
- Werkloosheidskoers
- Indiensname (Absorpie) koers (E)
- Arbeidsmagdeelnamekoers
*Leer formules
4 Redes vir werkloosheid
- Afgedankte werkers
- Werk verlaters (verlaat werk, maar wil nog werk/soek beter werk)
- Nuwe toetreders
- Her-toetreders
5 Tipes werkloosheid
- Wrywingswerkloosheid
- Strukturele werkloosheid
- Natuurlike werkloosheid
- Sikliese werkloosheid
- Seisoenale werkloosheid
Wrywingswerkloosheid
Werkloosheid a.g.v. ‘n verandering in vraag/toestand in ‘n spesifieke mark/markte. Mense met oordraagbare vaardighede kan beweeg van een werk na ‘n ander.
Strukturele werkloosheid
Werkloosheid a.g.v. strukturele veranderinge in die ekonomie wat sekere werke elimineer en ander werke skep waarvoor die werkloses nie gekwalifiseerd is nie.