Golfverskynsels Flashcards
Verduidelik Huygens se beginsel
Elke punt op ‘n golffront die as ‘n bron van sekondêre golwe.
Frekwensie
Die getal volledige golwe wat in een sekonde verby ‘n punt beweeg
Die eienskap van klank verwant aan toonhoogte
Frekwensie
Beskryf die interferensiepatroon verkry as ‘n dubbelspleet en monochromatiese lig gebruik word
Afwisselende donker en helde bande van gelyke breedte.
Interferensie
As twee golwe deur dieselfde gebiedsruimte teen dieselfde tyd beweeg lei dit tot die superposisie van golwe.
Hoe sal die breedte van die sentrale helder band van ‘n interferensiepatroon (deur ‘n enkelspleet) van rooi lig met blou vergelyk?
Rooi lig sal ‘n groter sentrale band gee
Rooi lig het ‘n langer golflengte, en word meer diffrakteer
Koherent
‘n Konstante faseverwantskap tussen golfbronne
Monochromatiese lig
Lig van ‘n enkele golflengte / enkele frekwensie
Hoe sal die wydte van die sentrale helder band van ‘n interferensiepatroon (deur ‘n enkelspleet) verander indien die spleetwydte verminder?
Vermeerder
Diffraksie is omgekeerd eweredig aan spleetwydte
Hoe kan die wydte van die sentrale helder band by diffraksie deur ‘n enkelspleet vernou word?
Vergroot die spleetwydte
Verminder die afstand tussen die skerm en die spleet
Beskryf die diffraksie-patroon wat op die skerm waargeneem word deur ‘n dubbelspleet te gebruik
‘n Sentraleband van afwisselende helder en donker bande van dieselfde wydte
Nodale lyn
die lyn waarlangs destruktiewe interferensie plaasvind
Antinodale lyn
lyn waarlangs konstruktiewe interferensie plaasvind
Diffraksie
Die vermoë van ‘n golf om te buig soos dit deur ‘n smal opening of om hoeke beweeg.