Elektrisiteit & Stroombane Flashcards
Verduidelik Ampère
Maateenheid
Ekwivalent aan ‘n Coulomb per sekonde
Die funksie van ‘n kapasitor
Stoor elektriese lading
Kapasitor
‘n Stroombaankomponent wat elektriese lading stoor en onmiddelik vrystel
Hoe sal V oor ‘n battery (met interne weerstand) verander namate I toeneem?
Verminder
As I toeneem: neem Ir toe, oftwel verlore volts neem toe
Vext = emf - Ir **, neem af
Ohm
Maateenheid van elektriese weerstand
Ω
Elektromagnetiese induksie
Die basiese beginsel waarop elektriese generators werk
Waarom moet elektrisiteit (van ‘n kragstasie) teen hoë V en lae I oorgedra word?
Minder verlies aan elektriese energie as hitte
Diëlektrikum
Isoleermateriaal tussen die plate van kapasitors
Die maateenheid van elektriese veld
N.C-1 Newton per coulomb
of V.m-1 Volt per meter
Weerstand
Die eienskap van ‘n geleier gegee as die verhouding van die toegepaste potensiaalverskil tot die stroom deur die geleier.
Kapasitansie
Die verhouding van die hoeveelheid lading oorgedra tot die gevolglike potensiaalverskil oor ‘n kapasitor
Ohm se wet
Die stroom in ‘n geleier is direk eweredig aan die potensiaalverskil oor sy ente by konstante temperatuur
Potensiaalverskil
Die arbeid verrig per eenheidslading wat tussen twee punte in ‘n elektriese veld beweeg