Elektrodinamika Flashcards
Verduidelik wat is ‘n
Generator
‘n Elektriese masjien wat meganiese energie na elektriese energie omskakel
deur die magnetiese vloed deur ‘n spoel te verander.
Geïnduseerde Emk kan verhoog word deur:
- Meer windings in die spoel te gebruik
- ‘n Sterker magneet te gebruik
- Die oppervlakte wat deur die spoel omsluit word, te verhoog
- Die generator spoel vinniger te draai
Noem die kenmerk van:
Wisselstroom
Stroom & spanning: rigting keer elke 1/2-rotasie om
Wisselspanning het dieselfde frekwensie as stroom
Wat is die vernaamste verskil tussen ‘n GS- en WS-generator?
‘n Splitring-kommutator:
GS-generator werk presies soos WS-generator, behalwe dat die splitring-kommutator die koppeling van spoelarms tussen terminale wissel soos die spoel roteer.
Noem:
Nadele van GS-generators
- Gelykstroom is minder doeltreffend oor lang afstande
- Hoër onderhoud: Koolstofborsels moet gereeld vervang word
Wat word beskryf deur die:
Motoreffek
Die geïnduseerde beweging van ‘n stroomdraende geleier in ‘n magneetveld.
Noem:
Gebruike van die motoreffek:
- Analoog elektriese meters
- Elektriese motors
Noem die:
Funksie van ‘n motor
Verander elektriese energie na meganiese energie.