Arbeid, Energie en Drywing Flashcards
Definieer:
Arbeid
“Die oordrag van energie”
Die krag vermenigvuldig met die verplasing parallel aan die krag.
Simbool: W
Definieer:
Nuttige arbeid
Die arbeid verrig deur die netto krag om die voorwerp te versnel
Definieer:
Vermorste arbeid
Die arbeid verrig teen wrywing
Dit kan daarom dus nie gebruik word om ‘n voorwerp te versnel nie.
Gee die formule vir:
Nuttige arbeid
Wnuttig = Wtoegepas - Wvermors
Meganiese energie
Die som van die potensiële- en kinetiese energie in ‘n sisteem.
Ep + Ek
Gee die:
Wet vir die Behoud van Meganiese Energie
Die totale meganiese energie van ‘n geïsoleerde sisteem bly behoue.
Energie
Die vermoë om arbeid te verrig
Gee die:
Arbeid-energiestelling
Die netto arbeid verrig is gelyk aan die verandering in kinetiese energie
Definieer:
Gravitasie-*potensiële* energie
Die energie van ‘n voorwerp as gevolg van sy posisie bokant die oppervlak van die aarde
Definieer:
Drywing
Die tempo waarteen arbeid verrig word
Definieer ‘n
Elastiese botsing
Tipe botsing waarin *kinetiese* energie *behoue* bly
Waarom verrig vertikale kragte GEEN ARBEID op ‘n horisontaal-bewegende voorwerp nie
Vertikale kragte is loodreg op die rigting van die verplasing
W = F. ∆x . cos*90 * = 0
Gee as ‘n formule:
Die beginsel van behoud van meganiese energie
Ki + Ui ** = ** Kf + Uf
Gee as ‘n formule:
Arbeid-energiestelling
Wnet = ** ∆K**