Elektrostatika Flashcards
Coulomb se wet
grootte vd elektrostatiese krag wat een puntlading (Q1) op ‘n ander puntlading (Q2) uitoefen, is direk eweredig aan die produk vd groottes vd ladings en omgekeerd eweredig aan die kwadraat van die afstand (r) tussen hulle middelpunte.
Elektriese veld
gebied in ruimte waarin elektriese lading krag ondervind. rigting v elektriese veld by punt is rigting waarin positiewe toetslading wat by punt geplaas, sal beweeg
Elektriese veld by ‘n punt
elektrostatiese krag wat per eenheidspositiewe-lading wat by daardie punt geplaas is, ondervind word
Die wet van Bewaring van Lading
wanneer twee gelaaide sfere in kontak met mekaar gebring word, vloei elektrone van sfeer met meeste elektrone na sfeer met minder elektrone.
- Ladin kan nie vernietig of geskep word nie, maar kan slegs oorgedra word van een voorwerp na ‘n ander
Eienskappe van elektriese veldlyne
- begin en eindig loodreg tot die oppervlak van gelaaide voorwerp
- kruis nooit mekaar nie
- is nader waar elektriese veld sterker is
- word gerig van positief na negatief