Elektriese stroombane Flashcards
Elektriese lading
aanduiding vd aantal deeltjies wat op voorwerp is of in geleier vloei
Elektriese stroom
tempo van vloei van lading
Potensiaalverskil
arbeid wat per eenheidslading verrig word om positiewe lading van een ount na ander te laat beweeg tussen twee punte in geleier (V)
Weerstand
weerstand v geleier is verhouding vd potensiaalverskil oor ente vd geleier en stroom in geleier
Konvensionele stroom
stroom van positiewe pool vd battery deur die stroombaan na die negatiewe pool vd battery - gelykstroom
Ohm se Wet
Potensiaalverskil oor ‘n geleier is direk eweredig aan die stroom in die geleier by konstante temperatuur
Drywing
tempo waarteen arbeid verrrig of energie verbruik word
Faktore wat die weerstand van ‘n draadgeleier beinvloed
- lengte vd weestand (hoe langer draad, groter weerstand)
- deursnee vd weerstand (dunner draad, groter weerstand)
- temperatuur vd weerstand ( hoe hoër temperatuur, groter weerstand)
- tipe materiaal - koper lae weestand
Weerstand (serie)
- ekwivalente weerstand v al resistors in serie = som v al die individuele weerstande
- weerstand neem toe namate resistors bygevoerg word
Stroom (serie)
- vloei selfde stroom deur elke resistor
- ammeterlesing orals dieselfde
- hoe meer resistors in serie geskakel:
_ groter totale weerstand v eksterne stroombaan
_ sal stroom afneem
Potensiaalverskil (serie)
- totale potensiaalverskil oor al die resistors in serie is gelyk aan som vd potensiaalverskille oor aparte resistors
- som v potensiaalverskille = pv oor battery
- Resistors in serie is potensiaalverdelers
Weerstand (parallel)
- Die antwoord v Rp sal altyd kleiner wees as kleinste resistor in parallelle kombinasie
Stroom (parallel)
- resistors in parallel is stroomverdelers
- as hoofstroom verdeel word by parallelle resistors, sal resistor met kleinste weerstamd groot stroom deurlaat, resistor met grootste weerstand klein stroom deurlaat
- hoe meer resistors in parallel, word totale weerstand kleiner en hoofstroom groter
Potensiaalverskil (parallel)
- die potensiaalverskil oor elke resistor en oor parallelle resistors is saam dieselfde, wat ook gelyk is aan potensiaalverskil oor battery.
emk
energie wat benodig word om elektriese lading deur stroombaan te beweeg
- potensiaalverskil wanneer battery geen stroom lewer nie