Doppler-effek Flashcards
1
Q
Doppler-effek
A
verandering in frekwensie (of toonhoogte) van die klank waargeneem deur ‘n luisteraar is omda die klankbron en die luisteraar verskillende snelhede relatief tot die medium waarin die klank voortgeplant word, het.
2
Q
Amplitude
A
maksimum verplasing van deeltjies vanaf hulle rusposisie
3
Q
Golflengte
A
afstand tussen twee opeenvolgende punte
4
Q
Frekwensie
A
aantal voltooide golwe wat verby ‘n spesifieke punt beweeg per sekonde
5
Q
Wanneer ‘n motor ‘n luisteraar nader
A
- word die klankgolwe uitgestuur deur die motor se toeter voor die motor saamgepers word
- meer klankgolwe bereik luisteraar per sekonde
- toonhoogte klink hoër as klank uitgestuur deur die bron.
- teenoorgestelde is waar wanneer motor wegbeweeg van die luisteraar
6
Q
Toepassing van die Doppler-effek
A
- Ultraklanke
- elektromagnetiese spektrum
- Bloedvloeitempo met Dopplervloeimeter
- vlermuis (ultra)
- walvis (inta)
- dolfyn (ultra)
- spoedlokval
- rotasie van planete
7
Q
Rooiverskuiwing
A
- wanneer ‘n ster weg van die aarde beweeg, sal die spektrum daarvan na laer frekwensies verskuif word weens Doppler-effek.
- absorpsielyne sal in rigting vd rooikant vd frekwensies verskuif word, dus sal die absorpsielyne ‘n rooiverskuiwing ondergaan
8
Q
Blouverskuiwing
A
- as die ster na die aarde beweeg, word die absorpsielyne na ‘n hoër frekwensie na die bloukant van die spektrum verskuif en dus sal die absorpsielyne ‘n blouverskuiwing ondergaan
9
Q
Hubble se wet
A
die verhouding van die spoed van ‘n sterrestelsel tot die afstand vanaf ons
- hoe verder die sterrestelsel is, hoe vinniger beweeg dit weg