Ekostelsels en Voedelwebbe kw.2 : onderwerp 4 Flashcards
Wat is ‘n ekostelsel?
‘n gebied (land of see) waar lewende en nie-lewende dinge op mekaar STAATMAAK
(ONTHOU die woord staatmaak) vir oorlewing.
Verskillende soorte ekostelsels:
- Riviere
- Berge
- Grasvelde
- Woestyne
- Poele
- See
- Woude
- Vleilande
Noem 4 nie-lewende dinge wat in ekostelse voorkom…
- Sonlig
- Water
- Lug
- Lig
Beskryf die GRASVELD-ekostelsel:
- Groot oopruimtes met baie sonlig
- Warm Somers - Koue Winters
- Kry genoeg reën sodat gras kan groei, maar nie bome nie.
- Baie wilde diere leef in grasvelde bv.
Watter diere kom voor in die grasveld-ekostelsel?
- Karnivore bv. Leeus en Jakkalse
- Herbivore bv. Rooibokke en Sebras
- Insekte bv Termiete
Definisie van Stroop:
Wanneer mense wilde diere onwettig vang en doodmaak.
Wat bedreig grasvelde?
Menslike Aktiwiteite soos:
- Stroop
- Vuurmaak
- Grond skoonmaak vir behuising en boerdery
Beskryf ‘n RIVIER-ekostelsel:
- Rivere is Varswaterstelsels wat deur die land see toe vloei.
- Riviere het helder Sonlig, maar soms skaduryke oewers.
- Die temperatuur kan warm of koud wees, afhangend waar die rivier gelee is.
Plante in die rivier-ekostelsel:
- Poelgras en Riete in die Water
2. Asook Kleiner Plante en Bome langs die oewer.
Diere in die Rivier-ekostelsel:
vis
paddas
insekte
voëls
Wat bedreig riviere? Ken vir EKSAMEN.
- Water Besoedeling a.g.v Rommel en Seep
Beskryf Poele-ekostelsel?
- Poele is Klein Varswatereksotelsel
- Hulle het Baie Sonlig maar soms Skadu langs die Kante
- Dit is skaduryk en koel onder die water
- Grond langs die poele is klam
- Tempratuur van poele verander saam met seisoene
Plante en Diere in die Poele-ekostelsel:
Plante: Waterlellies, Riete en Poelgras
Diere: Paddas, Visse, Insekte en Voels
Organismes: In, Op en Om die Water
Wat bedreig die Poele-ekostelsel?
Waterbesoedeling
Beskryf die Woud-ekostelsel:
- Woud-ekostelsels is skaduryk en koel met MIN sonlig
- Het baie water en kan klam wees
- Baie verskillende bome
- Ander plante soos varings, mos en blomplante groei in woude.
Watter diere het die woud-ekostelsel?
- Bokke
- Wildekatte
- Muise
- Slange
- Voels en Insekte
Wat bereig woudekostelsel?
- Afkap van Bome vir hout
2. Ontbossing vir Paaie en Boerdery
Definisie van ‘n Vetplant:
‘n Plant met vet blare of stamme wat baie water kan stoor.
Wel-wit-chia plante:
Welwitchia plante het baie lang wortels om water diep onder die oppervlakte te kry.
Meerkatte
Meerkatte bly in hulle gate deur die dag sodat hulle nie water deur sweet verloor nie.
Gemsbokke
Gemsbokke kry al die water wat hulle nodig het deur die gras en blare wat hulle eet.
Halfmensplant:
Halfmensplant het vetplantagtige blare en stamme om water in te berg.
Jakkelse:
Jakkelse lek vroeg in die oggende gekondenseerde water van mis van die klippe af.
In die ekostelsel word plante en diere deur hulle voedselverwantskap verbind.
Hierdie verwantskap word ‘n ______________ genoem?
Voedselweb