Byvoeglike naamwoorde (adjectives) Flashcards
1
Q
Skryf ‘n sin en gebruik ‘n byvoeglike naamwoord vir die selfstandige naamwoorde:
appel
koek
tekkies
A
Examples:
Die appel is rooi. (rooi)
Dit is ‘n baie groot koek. (groot)
Ek dra groen tekkies. (groen)
2
Q
Voltooi die sin:
Die draad is styf. Dit is ‘n _____draad.
A
stywe
3
Q
Voltooi die sin:
Die man is doof. Dit is ‘n _____ man.
A
dowe
4
Q
Voltooi die sin:
Die seun is jonk. Dit is ‘n _____ seun.
A
jong
5
Q
Die draad is lank. Dit is ‘n _____ draad.
A
lang
6
Q
Die boom is hoog. Dit is ‘n _____ boom.
A
hoë
7
Q
Die pad is breed. Dit is ‘n _____ pad.
A
breë
8
Q
Die dag is koud. Dit is ‘n _____dag.
A
koue
9
Q
Die hemp is droog. Dit is ‘n _____ hemp.
A
droë