Beleggings Flashcards
Wat is ‘n belegging?
Inverstering of spaar van geld om beter opbrengste te lewer
Beskryf kortliks/ verduidelik/ bespreek die funksies van die JSE
- Moedig nuwe beleggings aan
- Aandele word deur kundiges gewaardeer en geëvalueer
- Dien as ‘n skakel tussen beleggers en publieke maatskappye
Ondersoek ‘n verskeidenheid beskikbare besigheidssbeleggingsgeleenthede
Aandele
Skuldbriewe
Effekte
Effektetrusts
Beskryf kortliks/ verduidelik/ noem/ beskryf/ bespreek die volgende faktore wat in ag geneem moet word wanneer beleggingsbesluote geneem word
- Opbrengs op belegging OOB
Verwys na inkomste uit die belegging, naamlik rente, dividende of kapitaalgroei op die oorspronklike bedrag belê
Gewoonlik direkte verband tussen risiko en opbrengs - Risiko
Aandele het ‘n lae tot medium risiko oor ‘n langer beleggingsperiode
Aandele met hoër risiko’s het groter potensiaal vir hoër opbrengste - Likiditeit
‘n Bedrag kapitaal kan in ‘n soort belegging belê word, wat maklik in kontant omgeskakel kan word
Die term likiditeit word gebruik om te beskryf hoe maklik en vinnig die beleggings in kontank omskep word - Belasting
‘n Goeie belegging sal goeie na-belaste opbrengs oplewer
Belastingkoerse is nie noodwendig dieselfde vir verskillende soorte beleggings - Inflasiekoers
Mense word beïnvloed deur ‘n hoë inflasiekoers, omdat hulle koopkrag afneem
Die opbrengs op ‘n belegging moet hoër as die inflasiekoers wees - Beleggingstydperk
Verwys na die duur van die belegging wat die opbrengs op belegging kan beïnvloed
Dit kan kort, medium of langtermyn wees, afhangend van die belegger se plan.
Verduidelik/ Bespreek die verskeie tipes beleggingsgeleenthede
- Vaste eiendom
Die koop van eiendom is gewoonlik slegs geskik as ‘n langtermynbelegging
risiko- risiko kan bepaal word deur ekonomiese toestande en kan d. waarde van d. eiendom beïnvloed, lae risiko oor langtermyn - Lewensversekering
‘n Maandelikse betaling word gemaak aan ‘n versekeringsmaatskappy met die verwagting dat ‘n voorafbepaalde bedrag op ‘n datum in die toekoms ontvang sal word
risiko- lae risiko, omdat die versekerde bedrag wel uitbetaal sal word ongeag die omstandighede, slegs bankrotskap - Skuldbriewe
Meeste skuldbriewe op JSE behandel
Word uitgereik om geleende kapitaal van die publiek te kry
Skuldbriefhouers is krediteure aangesien die maatskappy verplig is om die bedrag van die skuldbriewe terug te betaal
risikos- skuldbriewe het ‘n lae risiko omdat dit terugbetaal moet word - Bestuurde portefeulje
‘n Belegger gee opdrag aan ‘n bank om sy verskillende beleggings in een portefeulje te bestuur
risiko- is laer oor langtermyn, beleggings word in verskeie sektore gemaak, wat die risiko versprei en die portefeuljebestuurder kan dit beter bestuur - Saamgestelde fondse
Dis ‘n informele spaarskema waartoe ‘n relatiewe klein groepie mense bydra
Elke lid het ‘n beurt om van die skema geld te trek vir persoonlike voordeel
risiko- geld in ‘n spaarrekening is ‘n veilige belegging, maar verdien lae rente
konkelaars mag dalk onwettige piramiedeskemas bedryf en uitbetalings kan dalk nie moontlik wees nie omdat kontant verdwyn het - 32-dae kennisgewingdeposito’s
Geld word teen vaste koers belê, alhoewel onttrekkings gemaak kan word op voorwaarde dat die bank 32 dae kennis van die onttrekking gegee word
Verdien meer rente as ‘n tjekrekening maar minder rente as ‘n vaste deposito
risiko- lae risiko, omdat belegging met rente uitbetaal sal word as die belegging verval
rente word op die daaglikse balans bereken, wat die opbrengs op die belegging verhoog - Besigheidsgeleenthede
Waagkapitaal word voorsien deur ‘n belegger om ‘n nuwe besigheid te begin in ruil vir ‘n aandeel in die nuwe besigheid
Die koop van ‘n franchise of bestaande besigheid sal suksesvol wees, indien die beleggers deeglike navorsing gedoen het en presies verstaan waarin hy belê.
risiko- hoë risiko vir die beleggers, indien navorsing nie goed gedoen is nie
onervare besigheidseienaars wat verkeerde sakebesluite neem, kan groot verliese leiers
Verduidelik/Bespreek/Analiseer/Evalueer die volgende beleggingsvorme
Regering/ RSA Retailbonds
+
Rentekoerse is markverwant en lok meer beleggers.
Rente is gewoonlik hoër as op vaste deposito’s.
Geen koste is betaalbaar op hierdie soort belegging.
-
Kleinhandeleffekte is nie vrylik oordraagbaar tussen beleggers nie.
Beleggers moet ouer as 18 jr oud, wat jongmense ontmoedig om te belê.
Boetes word gehef op vroeë onttrekkings, as die belegging minder as 12 maande oud is.
Effektetrusts
+
‘n Klein bedrag kan per maand belê word (R100-R500).
Maklik om in kontant te omskep wanneer belegger geld benodig.
Opbrengs klop gewoonlik inflasie op die medium/ lang termyn.
-
Aandeelpryse mag fluktueer en nie net styg nie.
Nie goeie korttermynbelegging nie.
Nie goeie belegging vir persone wat risiko wil vermy nie.
Aandele
+
Kan vrylik verhandel word op die JSE.
Aandeelhouers het beperkte aanspreeklikheif vir die maatskappy se skuld.
Beleggings in aandele bied beskerming teen inflasie.
-
Aandeelhouers kan minder of geen dividende ontvang as die maatskappy se wins laag is.
Maatskappye is nie verplig om dividende aan aandeelhouers te betaal nie.
Risiko kan hoog wees, want belegging kan verlore gaan indien die maatskappy gelikwideer word.
Vaste depositos
+
Rente word verdien teen ‘n vaste koers, ongeag die ekonomiese klimaat.
Beleggingstydperk kan oor kort/medium/langtermyn strek.
Beleggers kan kies watter beleggingsperiode hulle die beste pas.
-
Kan nie geld onttrek voor einde van die termyn nie.
Opbrengs mag nie die effek van inflasie uitpresteer nie.
Laer opbrengs as ander beleggings.
Identifiseer die volgende tipes/ soorte aandele van uit gegewe scenarios
Gewone aandele
- gewone aandele ontvang slegs dividende wanneer wins gemaak word.
- normaalweg, hoe hoër die netto wins, hoe hoër is die dividend.
- dividende wissel van jaar tot jaar volgens wins wat gemaak word en word deur die maatskappy/direksie bepaal.
Regte van gewone aandeelhouers
Aandeelhouers het die reg om:
-te stem by die algemene jaarvergadering.
-tussentydseverslae en jaarverslae te ontvang.
-die AJV by te woon om ingelog te word you oor die maatskappy se prestasie.
Voorkeuraandele
- ‘n vaste opbrengskoers word op hierdie tipe aandele betaal.
- dividende is betaalnaat volgens die tipe voorkeuraandele.
- stemreg is beperk tot spesifieke omstandighede/besluite.
Regte van voorkeuraandeelhouers
Aandeelhouers het die reg;
-om dividende te ontvang, ongeag hoeveel wins gemaak word.
-op ‘n vatse opbrengskoers/dividend te ontvang.
-om eerste betaal te word op dividende.
Stigtersaandele
-uitgereik aan die stigters en inkorporeerders van die maatskappy.
-hulle ontvang dividende nadat alle ander aandeelhouers betaal is.
GEEN REGTE
Bonusaandele
-betaling in die vorm van aandele aan aandeelhouers.
-uitgereik as vergoeding vir onbetaalde dividende.
-aandeelhouers sal meer aandele besit en meer dividende in die toekoms ontvang.
GEEN REGTE
Noem/Beskryf kortliks/Verduidelik/Bespreek soorte voorkeuraandele
Kumulatiewe voorkeuraandele;
-Aandeelhouers word vergoed vir dividende wat nie betaal is nie toe winste te laag was om dividende te verklaar . -Aandeelhouers ontvang dividende wat nie voorheen uitbetaal is nie .
Nie - kumulatiewe voorkeuraandele; -Aandeelhouers word nie vergoed vir vorige dividende wat nie uitbetaal is toe winste laag was nie .
Deelnemende voorkeuraandele ;
- Die minimum vaste dividende is gewaarborg . -Is geregtig om te deel in surplus maatskappywinste .
- Ontvang hoër dividende wanneer die maatskappy goed presteer .
- Het voorkeurregte bo gewone aandeelhouers op uitbetalings wanneer die maatskappy sluit
Nie - deelnemende voorkeuraandele / Gewone voorkeuraandele ;
- Ontvang ‘ n bedrag gelykstaande aan die aanvanklike belegging plus opgelope en onbetaalde dividende by likwidasie .
- Deel nie in winste nadat aandeelhouers ‘ n dividend ontvang het nie .
- Sal nie ekstra dividende kry in geval van surplus winste nie .
- Geregtig om elke jaar slegs ‘ n vaste dividend te ontvang .
Aflosbare voorkeuraandele;
-Aandele kan teruggekoop word , as ‘ n opsie van die maatskappy wat aandele uitgereik het , teen ‘ n vaste prys op ‘ n spesifieke datum .
Nie - aflosbare voorkeuraandele;
-Aandele word slegs teruggekoop wanneer die maatskappy om ander redes as bankrotskap sluit .
Omskepbare voorkeuraandele;
- Aandele kan omskep word in ‘ n voorafbepaalde aantal gewone aandele op ‘ n datum wat vasgestel is toe die voorkeuraandele uitgereik is .
Nie - omskepbare voorkeuraandele;
-Aandele kan nie omskep word in gewone aandele nie .
Beskryf kortliks/Noem die regte van gewone- en aandeelhouers
Gewone aandele;
- Ontvang slegs dividende as wins ontvang gemaak word .
- Gewoonlik hoe hoër die wins, hoe hoër die dividend.
Voorkeuraandele;
- Sommige voorkeuraandele dividende ongeag die wins wat gemaak is.
- ’ n Vaste dividend word op hierdie tipe aandele betaal.
Identifiseer soorte voorkeuraandele uit gegewe scenario’s of stellings
Katte Naai Die Nuwe Aap Ook Nie
Definieer/Verduidelik die betekenis van skuldbriewe, dividende, kapitaalwins, enkelvoudige rente en saamgestelde rente.
Skuldbriewe;
- Dit word uitgereik om geleende kapitaal by die publiek in te samel .
- Die uitlener / skuldbriefhouer stem in geld vir ‘ n sekere tydperk aan die onderneming te leen .
Dividende;
- Die opbrengs op ‘ n belegging in aandele wat gereeld deur ‘ n maatskappy aan sy aandeelhouers betaal word .
- Dividende word deur die maatskappy se direksie bepaal en bestuur en deur die aandeelhouers goedgekeur .
Kapitaalwins :
- Die opbrengs op eiendom / vaste bates / beleggings .
- Kapitaalwinsbelasting is betaalbaar wanneer jy ‘ n bate verkoop wat in waarde toegeneem het sedert jy dit gekoop het .
Enkelvoudige rente :
- Die rente word bereken op die oorspronklike / hoofbedrag wat belê is .
- Die hoofbedrag bly dieselfde gedurende die hele beleggingsperiode .
Saamgestelde rente;
- Rente word in elke periode bereken op die hoofbedrag plus rente .
- Rente word by die hoofbedrag gevoeg en rente word op rente verdien vir elke vasgestelde periode .
Onderskei tussen enkelvoudige en saamgestelde rente
Enkelvoudig;
- Hoofsom bly onveranderd oor die volle tydperk van die belegging .
- Rente word apart gehou , tensy dit herbelê word .
- Lewer kleiner opbrengs op belegging.
Saamgesteld;
- Hoofsom groei met die byvoeging van rente . -Rente word bereken op ‘ n hoër hoofsom en dan weer daarby getel .
- Lewer hoë opbrengs op belegging .
Bereken enkelvoudige en saamgestelde rente
E;
A= P x r x t
S;
A= P(1+i)
Mag soos wiskunde uitwerk
P- oorspronklike bedrag
R- rentekoers
T- tydperk
Bereken opbrengskoers
(Opbrengs/beleggingsbedrag) x 100