Woordebanke Flashcards
Aardbol
‘n Ronde kaart van die wêreld in die vorm van ‘n bal
Ewenaar
‘n Lyn wat die wêreld in twee helftes verdeel
Oseaan
‘n Groot oppervlakte soutwater
Pole
Die koue gedeeltes aan die noorde en suide van die aarde
Vasteland
‘n Groot oppervlakte landgebied
Posisie
Waar ‘n plek of voorwerp is
See
‘n Klein oppervlakte soutwater naby grondgebiede
Grense
Lyne wat een land van ‘n ander skei
Land
‘n Grondgebied wat deur ‘n regering regeer word
Deur land ingesluit
‘n Land sonder ‘n kuslyn, omring deur land
Eiland
‘n Stuk grond deur water omring: kleiner as ‘n vasteland
Kuslyn
Die plek waar die land en die see bymekaarkom
Fisiese Kaart
‘n Kaart waarop natuurlike objekte soos rivier en berge voorkom
Meer
Groot oppervlakte vars water
Waterval
‘n Vertikale stroom water wat gevorm word wanneer ‘n rivier oor ‘n steil plek vloei