Eenheid 2: Afrika ons vasteland Flashcards
Op watter vasteland woon ons?
Afrika
Wat is ‘n oseaan?
Dis ‘n groot oppervlakte soutwater
Wat is ‘n see?
Dit is ‘n kleiner oppervlakte soutwater
Wat is die twee oseane se name?
Atlantiese oseaan & Indiese oseaan
Die see noord van Afrika is?
Middellandse See
Die Rooisee verdeel Afrika van die vasteland van?
Asië
Wat is ‘n land?
Dit is ‘n grondgebied wat deur ‘n regering regeer word
Wat is ‘n grens?
‘n Grens skei een land van ‘n ander
Wat word gebruik vir grense behalwe heinings?
Riviere of Oseane
Hoekom vorm mense grense?
Om die grondgebied wat aan hulle land behoort aan te dui
Wat is ‘n eiland?
Dis ‘n stuk grond met water rondom
Watter eiland is die vierde grootste eiland in die wêreld?
Madagaskar
Wat is die grens van Madagaskar?
Die kuslyn
Zanzibar is ‘n eiland wat aan watter land behoor?
Tanzanië
Wat is Afrika se hoofeilande?
Madagaskar, Comore, Seychelles, Zanzibar, Säo Tomè en Principe
Wanneer is ‘n land deur ‘n land ingesluit?
Wanneer dit nie ‘n kusyn het nie.
Hoekom is ‘n kuslyn belangrik?
Vir skepe: die skepe bring voedsel en masjiene na lande toe
Die stad met die meeste mense in Afrika is?
Kaïro
Wat is die ses lande wat aan Suid-Afrika grens?
Namibië, Botswana, Zimbabwe, Mosambiek, Swaziland, Lesotho
Wat is die twee hoofstede van Suid-Afrika?
Pretoria (Tshwane) & Kaapstad
Wat is Namibië se hoofstad se naam?
Windhoek
Wat is Botswana se hoofstad se naam?
Gabarone
Wat is Zimbabwe se hoofstad se naam?
Harare
Wat is Mosambiek se hoofstad se naam?
Maputo
Wat is Swaziland se hoofstad se naam?
Mbabane
Wat is Lesotho se hoofstad se naam?
Maseru