Eenheid 1: Die wêreldkaart en kompasrigtings Flashcards
Die wêreld is?
Rond
‘n Ronde kaart is ‘n?
Aardbol
‘n Aardbol lyk soos ‘n?
Bal met die kaart van die wêreld daarop gedruk
Driekwart van die wêreld bestaan uit?
Oseaan
Een kwart van die wêreld bestaan uit?
Land
Wat word die lyn genoem wat die wêreld in twee helftes deel?
Die Ewenaar
Wat word die boonste helfte van die wêreld genoem?
Die Noorde
Wat word die onderste helfte van die wêreld genoem?
Die Suide
Wat is die koue gebiede aan die bokant en onderkant van die wêreld genoem?
Noordpool & Suidpool
Wat is ‘n vasteland?
Dis ‘n groot oppervlakte land
Wat is die sewe groot vastelande se name?
Afrika, Europa, Noord-Amerika, Suid-Amerika, Asië, Oseanië & Antarktika
Wat vorm deel van die vastelande?
Eilande
Waar is Suid-Afrika in Afrika?
Suid-Afrika is aan die suide van Afrika
Wat is die agt kompaspunte?
N, NO, O, SO, S, SW, W, NW