Voeding Flashcards
Glukemiese indeks (GI)
‘n Maatstaf waarvolgens ‘n waarde van 1 tot 100 aan koolhidraatryke voedsel toegeken word op grond van hul uitwerking op die liggaam se bloedglukosevlak.
Hipoglukemie
‘n Toestand waartydens die bloedglukosevlak abnormaal laag daal.
Hiperglukemie
‘n Toestand waartydens die bloedglukosevlak abnormaal hoog styg en hoog bly.
Diabetes mellitus
Chroniese sieketoestand waar die liggaam nie in staat is om die bloedglukosevlak te beheer nie, oor daar te min of geen insulien geproduseer word nie.
Osteoporose
“poreuse bene”
Skeletsiekte wat voorkom wanneer bene poreus raak a.g.v. ‘n oormatige verlies aan proteiene en minerale soos kalsium.
Hepatitis A (geelsug)
Uiters aansteeklike lewerinfeksie, en beinvloed die lewer se funksie.
Tuberkulose (TB)
Ernstige, chroniese bakteriele infeksie wat hoofsaaklik die longe aantas.
Escherichia Coli (E. Coli)
Tipe bakteium wat voorkom in die spysverteringskanaal van gesonde mense en diere en is gewoonlik skadeloos.
E.Coli kan ingewande infeksies veroorsaak, bv. vanaf gekontamineerde voedsel.
Gastroënteritis
Inflammasie van dei binnewand van die maag, dunderm, dkderm in reaksie op ‘n virus,bakterium, gifstof of medikasie.
Genetiese modifisering
Gene beheer kenmerke van plant een diere.
Wetenskaplikes kan ‘n enkele geen identifiseer, onttrek ,kopieer en oorplaas na ‘n ander organisme.
Voedselsekuriteit
Alle mense daagliks toegang het tot genoeg, veilige en voedsame voedsel.