Die verbruiker Flashcards
Definisies
1
Q
Kontrak
A
- ‘n Regsooreenkoms tuusen 2+ partye waar ‘n aanbod gemaak en bepalings en voorwaardes van die aanbod aanvaar word.
- Elke party se regte en verantwoordelikhede word uiteengesit.
2
Q
Grysgoedere
A
- Items wat ‘n vervaardiger nie in ‘n bepaalde land wil verkoop nie.
- Die goedere is nie onwettig nie, daar word steeds invoerbelasting betaal.
- Goedere word deur nie-amptelike kanale ingevoer.
3
Q
Stokvel
A
- Spaarklub of skema aar lede op ‘n gereelde basis ‘n vaste bedrag geld tot ‘n sentrale fonds bydra.
- Elke lid kan dan daarvan trek vir ‘n spesifieke doel.
4
Q
Inflasie
A
- Volgehoue toename in die pryse van goedere en dienste wat lei tot ‘n afname in koopkrag.