Verneukkind Flashcards
Maak ‘n opsomming van die hoofkarakter(s)en die newekarakter(s) in die verhaal
Hoofkarakter: Jessica
Newekaraketers:
*Kyle
*Ouma Kytie
*Die vrou by Pick ‘n Pay
Waar woon Jessica?
By haar ouma in ‘n woonstel in Elsierivier
Noem drie redes hoekom Jessica nie gelukkig is waar sy bly nie
*Sy moet op ‘n matrasbed slaap.
*Sy verlang na haar ma.
*Haar ouma is ‘n moeilike, ongeduldige vrou.
*Sy moet in die middae na skool bedel.
Wie het Jessica leer bedel?
Ouma Kytie
Waarom is Jessica aan die begin van die verhaal haastig om by die huis te kom?
Sy dink die grys wolke bring die moontlikheid dat haar ma vandag gaan huis toe kom en dan wil sy daar wees.
Hoe voel Jessica oor die aanwesigheid (presence) van die wolke? Verduidelik
Opgewonde
Sy hoop die grys wolke bring donderweer, want haar ouma het haar belowe dat haar ma huis toe kom die nag dat die donderweer sewe keer slaan.
Waarom kan Jessica as bygelowig beskryf word?
Sy glo haar ma sal huis toe kom die dag dat die donderweer sewe keer slaan. Sy maak afleidings van goeie dinge wat oor haar pad kom en glo dit kan ‘n voorteken wees dat haar ma huis toe kom.
Waarom steur Jessica haar nie aan Kyle nie?
Kyle het ‘n ma, hy weet nie hoe dit voel om te verlang nie
Hoe weet jy ouma Kytie het ook nie geduld met Jessica se ma gehad nie?
Sy sê Jessica se ma was “lastig”
Skryf ‘n aanhaling neer wat aandui dat Jessica nie dink die belofte van sewe donderslae sal maklik waar word.
“… almal weet dit donder nie maklik in die Kaap nie. En as dir swaarweer raak, is dit gou verby.”
Hoe verskil Jessica se toekomsdroom van haar huidige omstandighede?
*By haar ouma slaap Jessica op ‘n matrasbed en moet smiddae na skool in die dorp bedel.
*Sy droom dat haar ma huis toe kom en haar wegvat na ‘n “grênd huis”. Daar sal genoeg geld wees dat sy nie meer hoef te bedel nie.
Noem drie bewyse dat Jessica, selfs wanner sy bedel, annhoudend aan haar ma dink.
*Soos sy vroue uitkies om by te bedel, kies sy ook vir haar ‘n nuwe ma.
*As sy by iemand bedel wat haar ignoreer en net wegloop, herinner dit haar aan haar ma wat destyds weggeloop het. *Wanneer een van die vroue by wie sy bedel hulle hand om haar skouer sit, verbeel sy dis haar ma se hand
Evalueer of daar etiese lesse is wat die leser by Jessica kan leer. Motiveer jou oordeel.
Daar is beslis lesse te leer uit Jessica se situasie -
*Om nooit hoop te verloor dat jy uit ‘n ongelukkige situasie kan ontsnap.
*Jou omstandighede kan verbeter.