Die Geskenk Flashcards
Noem vyf dinge wat vir ons wys dat die verteller en haar pa nie ‘n goeie verhouding het nie.
Name five things that show us that the narrator and her father do not have a good relationship.
Sy sien haar pa baie min
Hulle praat nie baie nie
Hy kom laat by die huis
Sy het ‘n oppasser wat na haar kyk
Haar pa spandeer eerder tyd met sy nuwe meisie as met haar 5
Bly die verteller heeltemal alleen by die huis as haar pa uit is? Verduidelik.
Does the narrator stay at home all alone when her father is out? Explain.
Nee, sy is nie heeltemal alleen nie - die oppasser, Nora is by haar.
Hoe is die pa anders by die weduwee as by sy dogter?
How is the father different with the widow than with his daughter?
Die pa lag (hy is gelukkig) en hy neem haar uit na restaurante toe / vat haar aan die elmboog.
Waarom dink jy bly haar pa die spesifieke aand tuis?
Why do you think her father stayed home that particular night?
Die weduvrou het hom afgesê, want sy het ‘n nuwe kêrel en nou gaan hy nie meer uit saam met haar nie
Het haar pa die geskenk spesiaal, uit liefde vir haar, gekoop? Verduidelik
Did her father buy the gift specially, out of love for her? Explain.
Nee, hy het dit eintlik vir die weduvrou gekoop, maar nou het sy hom gelos en gee hy dit maar vir sy dogter.
Waarom was (wash) sy die horlosie?
Sy probeer die reuk van die wesuvrou se parfuum daarvan afwas.
Hoekom laat sy die horlosie aspris ophou werk?
Why does she let the clock just stop working?
Sy voel dat die geskenk nie eintlik vir haar bedoel was nie en dat sy dit maar net kry omdat die ander vrou nie meer in die prentjie is nie. Sy wil nie die horlosie hê nie en daarom breek sy dit.
Die titel van die verhaal koppel met die horlosie wat hy vir haar gee en wat sy nie wil aanvaar nie. Verduidelik watter geskenk sy eintlik van haar pa wil hê?
The title of the story connects with the watch he gives her and which she does not want to accept. Explain what gift she actually wants from her father?
Sy wil haar pa se tyd en aandag hê.
Gee nou die tema van die verhaal in EEN sin?
Dikwels word kinders verwaarloos as ouers nie genoeg tyd aan hulle spandeer of liefde vir hulle gee nie. Kinders moet altyd ‘n ouer se eerste prioriteit wees.
Wat is die geskenk?
‘n horlosie
Wie gee die geskenk?
die pa
Waar het die persoon die geskenk vandaan(from) gekry?
Hy het dit by die juwelier gekoop
Vir wie gee die persoon die geskenk?
Die pa gee dit eers vir die weduvrou, maar na hulle opgebreek het, gee hy dit vir sy dogter
Wat is die gewer en die ontvanger se verhouding met mekaar?
What is the relationship between the giver and the receiver?
Die pa en dogter het nie ‘n goeie verhouding nie. Hulle praat skaars met mekaar.
Hoe voel die persoon wat die geskenk kry, oor dit?
How does the person receiving the gift feel about it?
Die dogter voel dat dit ‘n tweedehandse geskenk is - dat dit nie oorspronklik vir haar bedoel was nie en voel nie spesiaal nie.