Teleskope Moet nog doen Flashcards

1
Q

Wie was die eerste persoon om ‘n teleskoop te gebruik om voorwerpe in die hemelruim te bestudeer?

A

Galileo was die eerste persoon wat in 1609 ‘n teleskoop gebruik het om voorwerpe in die hemelruim te bestudeer.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Wat is ‘n teleskoop en hoe werk dit?

A

‘n Teleskoop is ‘n instrument wat ‘n beeld van ‘n voorwerp vorm en dit vergroot. Dit werk deur meer inligting te versamel as wat die mens se oog op sy eie kan vasvang om ‘n helder beeld te skep.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Wat is die verskil tussen optiese teleskope en radioteleskope?

A

Optiese teleskope fokus lig vir die vorming van beelde wat die oog kan sien, terwyl radioteleskope radiogolwe vanaf voorwerpe in die ruimte opvang en dit in beelde omskakel.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

Wat is die twee soorte optiese teleskope?

A

Die twee soorte optiese teleskope is brekingsteleskope en weerkaatingsteleskope.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

Wat is die Suider-Afrikaanse Groot Teleskoop (SALT) en waar is dit geleë?

A

Die Suider-Afrikaanse Groot Teleskoop (SALT) is die grootste optiese teleskoop in die Suidelike Halfrond en een van die grootstes ter wêreld. Dit is geleë in die Noord-Kaap naby die dorp Sutherland.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

Wat is die belangrikste taak van optiese teleskope?

A

Die belangrikste taak van optiese teleskope is om lig in te versamel vanaf verre voorwerpe.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

Wat is die beste toestande vir ‘n groot optiese teleskoop om ‘n beeld te ontvang?

A

Die lug moet helder en stil wees, droog wees, die hoeveelheid waterdamp moet laag wees, geen ligbesoedeling wees, en die teleskoop moet op ‘n hoë hoogte bo seevlak wees.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
8
Q

Waarom is die Karoo-streek van die Noord-Kaap gekies vir astronomie sentrums?

A

Die Karoo-streek is gekies omdat dit ‘n plek is met min stof, lae ligbesoedeling, stil droë lug, en wolklose nagte, wat ideaal is vir waarneming van die hemelruim.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
9
Q

Wat is die SKA en wat sal dit bestudeer?

A

Die SKA (Square Kilometre Array) sal die sterkste teleskoop ooit wees, bestaande uit 3 000 radioteleskope, en sal gebruik word om sterrestelsels, gravitasie, kosmiese magnetisme, die heel eerste sterre, ander planete, en die moontlikheid van lewe in die heelal te bestudeer.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly