Buit ons sonnestelsel Flashcards
Wat is ‘n sterrestelsel?
‘n Sterrestelsel is ‘n versameling van sterre wat deur die aantrekking van swaartekrag bymekaar gehou word.
Hoeveel sterre bevat die Melkweg?
Die Melkweg bevat sowat 200 miljard sterre, waarvan ons Son een is.
Waarom word die Melkweg so genoem?
Die antieke Grieke het hierdie strook lig “Galaxias Kyklos” genoem omdat dit soos gemorste melk oor die hemelruim lyk. Later het die Romeine dit die Melkpad of Melkweg genoem.
Wat is die struktuur van die Melkweg?
Die Melkweg is ‘n spiraalvormige sterrestelsel met baie arms wat uitbult na beide kante naby die middel. Dit lyk soos ‘n wye, dun pizza van die kant af gesien.
Hoeveel spiraalarms het die Melkweg, en wat is hulle name?
Die Melkweg het vyf groot spiraalarms: die Norma-of Buitenste-arm, die Scutum-Crux-arm, die Sagittarius-arm, die Perseus-arm, en die Cygnus-arm.
Waar is die Aarde en ons Sonnestelsel in die Melkweg geleë?
Die Aarde en ons Sonnestelsel is in een van die spiraalarms, sowat 25 000 ligjare weg van die middelpunt van die Melkweg.
Wat is die grootte van die Melkweg?
Die Melkweg is 100 000 ligjare in deursnee, wat gelyk is aan 950 000 000 000 000 000 kilometer.
Hoe beweeg die sterre in die Melkweg?
Al die sterre in die Melkweg wentel om die middelpunt van die sterrestelsel, en die Melkweg roteer in dieselfde rigting met die spiraalarms wat agterna sleep.
Wat is die kenmerkende kleure van die sterre in die Melkweg?
Die spiraalarms van die Melkweg is blouerig van kleur en gevul met jong, warm sterre, terwyl die middelste deel oranje van kleur is met ouer en kouer sterre.
Wat is die rede waarom die arms van spiraalsterrestelsels so prominent is?
Die helderste sterre word in die spiraalarms van die sterrestelsels gekry, wat hulle baie prominent maak.
Waarom lyk die Melkweg soos ‘n smal band van sterre in die lug?
Omdat ons Sonnestelsel in een van die spiraalarms naby die kant van die Melkweg geleë is, kan ons dit van die kant af sien, wat die Melkweg soos ‘n smal band van sterre in die lug laat lyk.
Hoe lyk die struktuur van die Melkweg?
Die Melkweg lyk soos ‘n reuse, gebakte eier, omtrent honderd keer breër as wat dit dik is, met ‘n uitbulting in die middel wat die bult genoem word en die res van die sterrestelsel buite die bult wat die skyf genoem word.
Waar is die Son geleë in die Melkweg?
Die Son is in een van die spiraalarms naby die kant van die sterrestelsel geleë, ongeveer 26 000 ligjare weg van die middelpunt van die Melkweg.
Hoe vinnig wentel die Son en ons Sonnestelsel om die middelpunt van die Melkweg?
Die Son en ons hele Sonnestelsel wentel teen ‘n spoed van 250 km/s om die middelpunt van die Melkweg, en dit neem sowat 220 miljoen jaar om een omwenteling te voltooi.
Wat is ons naaste ster en hoe ver is dit van die Aarde?
Die Son is ons naaste ster en is net 152 miljoen kilometer van die Aarde.
Wat is die Suiderkruis en wat is sy funksie?
Die Suiderkruis (Crux) is een van die mees bekende konstellasies in die Suidelike Halfrond, en dien as ‘n rigtingwyser. Die vertikale as wys na die suide.
Wat is Alpha Centauri en Beta Centauri?
Alpha Centauri en Beta Centauri is twee helder sterre links onder naby die Suiderkruis, bekend as die wysers. Alpha Centauri is die helderste van die twee en die naaste maklik sigbare ster naas die Son, ongeveer 4,2 ligjare weg van die Aarde.
Wat is ‘n ligjaar en hoe ver is Alpha Centauri in ligjare?
‘n Ligjaar is die afstand wat lig in een jaar beweeg, wat ongeveer 10 triljoen kilometer is. Alpha Centauri is 4,2 ligjare weg van die Aarde, wat gelyk is aan 42 triljoen kilometer.
Wat is ‘n liguur en hoe word dit gebruik om afstande te meet?
‘n Liguur is die afstand wat lig in een uur beweeg. Byvoorbeeld, die afstand tussen die Son en Neptunus is vier ligure, wat beteken lig neem vier ure om van die Son na Neptunus te beweeg.
Wat is ‘n ligminuut?
‘n Ligminuut is die afstand wat lig in een minuut beweeg.
Hoe ver is die Aarde van die Son in ligminute?
Die Aarde is ongeveer 8 ligminute weg van die Son.
Hoe lank neem dit vir lig om van die Son na die Aarde te beweeg?
Dit neem lig 8 minute om van die Son na die Aarde te beweeg.
Hoe lank neem lig om van Pluto na die middel van die Kuipergordel te beweeg?
Lig neem ongeveer ses en ‘n half uur om van Pluto na die middel van die Kuipergordel te beweeg.
Wat is die deursnee van ons Sonnestelsel in ligure?
Die deursnee van ons Sonnestelsel is ongeveer 13 ligure.