Sure en basisse Flashcards
Suur (A)
stof wat waterstofione/hidroniumione vorm wanneer dit in water oplos
Suur (B)
protonskenker (waterstofioonskenker)
Basis (A)
stof wat hidroksiedione vorm wanneer dit in water oplos
Basis (B)
protonontvanger (waterstofioonontvanger)
Sterk sure
ioniseer volledig in water om hoë konsemtrasie hidrionium-ione te vorm bv soutsuur, swawelsuur, salpetersuur. waterstofhaliede, oksosure
Swak sure
ioniseer onvolledig in water om ‘n lae konsentrasie hidronium-ione te vorm. bv etanoësuur, oksaalsuur, waterstoffluoriedsuur, koolsuur, fosforsuur
Sterk basisse
dissosieer volledig in water om ‘n hoë konsentrasie hidroksied-ione te vorm. bv natriumhidroksied, kaliumhidroksied, hidroksiede vanj groep I en II
Swak basisse
dissosieer/ioniseer onvolledig in water om ‘n lae konsentrasie hidroksiedione te vorm bv ammoniak, kalsiumkarbonaat, kaliumkarbonaat, natriumwaterstofkarbonaat
Gekonsentreerde sure/basisse
bevat groot hoeveelheid (getal mol) suur/basis in verhouding met volume water
Verdunde sure/basisse
bevat klein hoeveelheid (getal mol) suur/basis in verhouding met volume water
Gekonjugeerde suur-basispare
wanneer suur, HA, ‘n proton verloor, vorm sy gekonjugeerde basis, A. Wanneer basis A, ‘n proton opneem, vorm sy gekonjugeerde suur, HA
Amfoliet
‘n stof wat as ‘n suur of basis kan reageer
Hidrolise
reaksie van sout met water
Ekwivalente punt van titrasie
punt waar suur/basis volledig met suur/basis reageer het
Eindpunt van titrasie
punt waar indikator van kleur verander
pH-skaal
skaal met nommers van 0 tot 14 wat gebruik word om suurheid of alkaniteit van oplossing uit te druk
Kw
ewewigskonstante vir die ionisasie van water of ioonproduk van water of die ionisasiekonstante van water
outo-ionisasie van water
reaksie van water met water self om hidronium-ione en hidroksiedione te vorm
Reaksies
suur + metaalhidroksied > sout + water
suur + metaaloksied > sout + water
suur + metaakkarbonaat > sout + water + koolstofdioksied
suur + metaalwaterstofkarbonaat > sout + water + koolstofdioksied
suur + metaal > sout + waterstof
Neutralisasiereaksie
reaksie wat plaasvind waar net die regte van ‘n suuroplossing en basis oplossing gemeng word om ‘n sout en water te vorm
Mono/di/triprotiese suur
suur wat net een/twee/drie proton(e) per suurmolekuul kan skenk
Poliprotiese suur
suur wat meer as een proton per suurmolekuul kan skenk
Konsentrasie van oplossing
hoeveelheid mol van opgeloste stof per 1 dm3 oplosmiddel
pH van waterige oplossing
negatiewe logaritme van die hidroniumioon konsentrasie in die oplossing
Indikators
Metieloranje: - pH 3,1 - 4,4 - suur - rooi - basis - geel Broomtimolblou - pH 6,0 - 7,6 - suur - geel - basis - blou Fenolftaleien - 8,3 - 10,0 - suur - kleurloos - basis - pink
Keuse van indikator
sterk suur + sterk basis (6-8 = broomtimolblou)
sterk suur + swak basis (3-4 = metieloranje)
swak suur + swak basis (6-10 = fenolftaleien)
Standaardoplossing
oplossing waarvan presiese konsentrasie bekend is