Organiese chemie Flashcards
Molekulêre formule
chemiese formule wat tipe atome en korrekte getal van elk in ‘n moleukule aandui
Struktuurformule
toon aan watter atome aan mekaar gebind is in die molekule
Gekondenseerde struktuurformule
notasie toon wyse waarop atome aan mekaar gebind is molekule, maar toon nie alle bindingslyne nie
Koolwaterstof
organiese verbindings wat slegs uit waterstof en koolstof bestaan
Homoloë reeks
reeks organiese verbindings wat deur dieselfde algemene formule beskryf kan word of waarin een lid van die volgende verskil met ‘n CH2-groep
Versadigde verbindings
verbindings waarin daar geen meervoudige bindings tussen C-atome in hul koolwaterstofkettings is nie
Onversadigde verbindings
verbindings waarin een of meer meervoudige bindings voorkom tussen C-atome in hul koolwaterstofkettings
Funksionele isomeer
binding of atoom of groep atome wat fisiese en chemiese eienskappe van ‘n groep organiese verbindings bepaal
Struktuurisomeer
organiese molekukes met dieselfde molekule formule, maar verskillende struktuurformules
Posisie isomere
dieselfde molekulêre formule, maar verskillende posisies van die syketting, substituente of funksionele groepe op die syketting
Hidrohalogenering
addisie van waterstofhalied aan alkeen
Alkeen + HX > haloalkaan
Reaksietoestand: watervrye HX. Droë HX direk by alkeen bygevoeg
Hoofproduk: H-atoom bind aan C-atoom wat eeste H-atome bevat
Halogenering
reaksie van halogeen met verbinding
Alkeen + X2 > haloalkaan
Reaksietoestand: X2 opgelos in nie-polêre oplosmiddel. geen water bygevoer
Alkaan > haloalkaan
reaksietoestand: hitte of sonlig
Alkohol > haloalkaan
reaksietoestand: tersiêre alkohole - HBr direk bygevoeg by kamertemperatuur
prim of sek: NaBr + H2So4 gebruik om HBr te maak in reaksieflef. Reaksie van HBr en alkohol stadig. verhit
Hidrasie
Addisie van water aan verbinding
Alkeen + H2O > alkohol
Reaksietoestand: H2O in oormaat. Klein hoeveelhede sterk suur as katalisator (H2SO4)
Hoofproduk: H-atoom bind aan C-atoom wat meeste H-atome bevat
Hidrogenering
addisie van waterstof aan alkeen
Alkeen + H2 > alkaan
reaksietoestand: Pt katalisator los op in nie-polêre oplosmiddel en borrel H2-gas in houer in
Dehidrohalogenering
eliminasie van waterstof en halogeen uit haloalkaan
Haloalkaan + gekonsentreerde sterk basis > alkeen + sout +H2O
reaksietoestand: gekonsentreerde sterk basis (NaOH). los basis op in etanol. verhit sterk onder refluks
hoofproduk: die een waar H-atoom verwyder is van die C-atoom met minste aantal H-atome
Dehidrasie
eliminasie van water uit ‘n alkohol
Alkohol > alkeen + H2O
Reaksietoestand: Gekonsentreerde sterk suur (H2SO4) as katalisator (dehidreermiddel). verhit sterk
hoofproduk: die een waar H-atoom verwyder is van die C-atoom met minste aantal H-atome
Kraking
chemiese proses waarin langer kettingkoolwaterstof-molekule afgebreek
Alkaan > alkeen + alkaan
Reaksietoestand: ‘
- termiese kraking: hoë hitte en druk (geen katalisator)
- katalitiese kraking: lae temperatuur en druk asook katalisator (pt)
Hidrolise
reaksie van verbinding met water
haloalkaan > alkohol
reaksietoestan: verdunde sterk basis. Los haloalkaan op in etanol. verhit matig OF gooi oormaat water by
Makromolekuul
molekuul wat uit groot getal atome bestaan
Polimeer
groot molekule wat uit kleiner monomeer-eenhede bestaan wat kovalent aan mekaar gebind is in ‘n herhalende patroon
Monomeer
klein organiese molekule wat kovelnt aan mekaar gebind kan word in herhalende patroon
Polimerisasie
chemiese reaksie waarin monomeermolekule verbind om polimeer te vorm
Addisiepolimerisasie
reaksie waarin klein molekule verbing om baie groot molekule te vorm deur byvoeging by dubbelbindings
Addisiepolimeer
polimeer wat gevorm word wanneer monomere verbind deur addisiereaksie
Kondensasiepolimerisasie
molekule van twee monomere met verskillende funksionele groepe ondergaan kondensasiereaksies met verlies van klein molekule, gewoonlik water
Kondenasie polimeer
polimeer wat gevorm word deur twee monomere met verskillende funksionele groepe wat aan mekaar skakel in kondensasiereaksie waarin ‘n klein molekuul, gewoonlik water, verloor word
Alkane
- versadigde koolwaterstof
- eindig op -aan
- CnH2n+2
- enkel kovalente binding
- londonkragte
- swak IMK
Voorvoegsels
1 met- 2 et- 3 prop- 4 but- 5 pent- 6 heks- 7 hept- 8 okt- 9 non- 10 dek-
Alkene
- onversadigde koolwaterstof
- eindig op -een
- CnH2n
- dubbel kovalente binding
- londonkragte
- swak IMK
Alkyne
- onversadigde koolwaterstof
- eindig op -yn
- cnH2n-2
- trippel kovalente binding
- londonkragte
- swak IMK
Haloalkane (alkielhaliede)
F fluoru- CL chloro- Br bromo- I jodo- * onthou alfabet - CnH2n+1X - dipool - swak IMK
Primêre koolstofatoom
C-atoom wat meestens van een ander C-atoom gebind is
Sekondêre koolstofatoom
C-atoom wat aan twee ander C-atome gebind is
Tersiêre koolstofatoom
C-atoom wat aan 3 ander C-atoom gebind is
Alkohole
- hidroksiel (-OH) hroep
- CnH2n+1OH
- eindig op -ol
- waterstofbinding
- sterk IMK
- primêre alkohol - -OH groep aan punt van ketting
- sekondêre alkohol - -OH groep binne ketting
- tersiêre alkohol - -OH groep benodig vertakte ketting
Karboksielsure
- karboksielgroep (-COOH)
- CnH2n+1COOH
- eindig op -oësuur
- waterstofbinding
- sterk IMK
Esters
- alkohol + karboksielsuur
- Cnh2n+1COOH
- eindig op -oaat
- dipool
- swak IMK
Aldehiede
- karbonielgroep
- CnH2nO
- eindig op -aal
- op die punt
- dipool
- swak IMK
Ketoon
- karbonielgroep
- CnH2nO
- eindig op -oon
- tussen 2 C-atome
- dipool
- Swak IMK
Dipool-dipool-kragte
kragte tussen twee polêre molekules
Londonkragte
kragte tussen nie-polêre kragte
Waterstofbindings
kragte tussen molekule waarin waterstof kovalent gebind is aan stikstof, suurstof of fluoor
Kookpunt
temperatuur waarby die dampdruk van die stof gelyk is aan atmosferise druk
- hoe sterker IMK, hoe hoër kookpunt
Smeltpunte
temperatuur waarby die vaste- en vloeistoffases van stof in ewewig is
- hoe sterker IMK, hoe hoër smeltpunt
Dampdruk
druk uitgeoefen deur damp in ewewig met sy vloeistof in ‘n geslote sisteem
- hoe sterker IMK, hoe laer dampdruk
Digtheid
massa per volume van stof
Viskositeit
maatstaf van vloeistof se weestand teen vloei
Oplosbaarheid
hoe maklik nie-polêre oplosmiddel in polêre oplosmiddels kan oplos
Kontakoppervlakte van molekule en Londonkragte
Hoe groter kontakoppervlakte, hoe groter aantrekkingskragte tussen molekule en sterker is Londonkragte tussen molekule