Elektrochemie Flashcards
Galvaniese sel
sel waarin chemiese energie omgeskakel word na elektriese energie. het selfonderhoudende elektrodereaksies
Elektrolitiese sel
sel waarin elektriese energie omgeskakel word na chemiese energie
Oksidasie ANOKS
verlies van elektrone, toename in oksidasiegetalle
Reduksie RED KAT
wins aan elektrone, afname in oksidasiegetalle
Oksideermiddel
stof wat gereduseer word/ elektrone opneem
Reduseermiddel
stof wat geoksideer word/ elektrone verloor
Anode
Elektrode waar oksidasie plaasvind
Katode
Elektrode waar reduksie plaasvind
Elektroliet
oplossing/vloeistof/ opgeloste stof wat elektrisiteit gelei deur die beweging van ione
Elektrolise
chemiese porses waarin elektriese energie omgeskakel word in chemiese energie
Vsel
verminder soos wat konsentrasie van produk-ione vermeerder en konsentrasie van reaktant-ione verminder tot ewewig bereik word waar Vsel=o