Chemiese ewewig Flashcards
Oop sisteem
voortdurend interaksie met sy omgewing
Geslote sisteem
geisoleer van sy omgewing
Chemiese ewewig
dinamiese ewewig wanneer tempo vd voorwaartse reaksie gelyk is aan die tempo van die terugwaartse reaksie
Le Chatelier se beginsel
Wanneer ewewig in geslote sisteem versteur word, stel sisteem ‘n nuwe ewewig in deur reaksie wat versteuring teenwerk, te bevoordeel
Homogene ewewig
waar al die stowwe van dieselfde fase in ewewigsreaksie is, kan daar ‘n verandering in stowwe se konsentrasie plaasvind, en moet al die reaktante en produkte in ewewigsuitdrukking geskryf word
Heterorgene ewewig
waar vaste stowwe en suiwer vloeistowwe as produkte of reaktante voorkom, is dit belangrik om te onthou dar die konsentrasie van hierdie stowwe konstant bly
Faktore wat ewewig kan beinvloed
- Konsentrasie
- temperatuur (toename in temperatuur bevoordeel endotermiese reaksie, afname in temperatuur bevoordeel eksotermiese reaksie)
- druk (verhoging in druk bevoordeel reaksie met kleinste getal mol, verlaging in druk bevoordeel reaksie met grootste getal mol)
- gemeenskaplike iooneffek (verhoging vd konsentrasie v een soort ioon)
Le Chatelier
- wat is die versteurende faktor?
- hoe reageer sisteem op versteurende faktor?
- watter reaksie word bevoordeel?
- watter uitwerking het voordeel op konsentrasie van die reaktante en produkte?