Suid-Afrikaanse Monetêre beleid: Inflasieteikening Flashcards
Die beleidsraamwerk (4 stappe)
- Beleidsinstrumente: Markgerigte (indirekte) beleidsinstrumente
- Operasionele veranderlike: Repo-koers
- Intermediêre doelwit/teiken: Inflasie 3-6%
- Uiteindelike doelstelling: Binnelandse pryspeilstabiliteit (‘n lae inflasiekoers)
Redes vir die gebruik van inflasieteikening
- Skakel onsekerhede uit
- Beter koördinasie
- Dissiplineer en beïnvloed publiek se inflasieverwagtinge
SA Grondwet en SARB wet se uiteindelike doelstelling
Beskerm die waarde van die rand in die belang van gebalanseerde en volhoubare ekonomiese groei.
SARB se missie
Behaal en handhaaf prysstabiliteit
Kenmerke van die inflasieteiken
- Teiken was oorspronklik VPIX, nou VPI
- Teikenvlak: 3-6%
- Teiken “range”, nie punt
- Tydshorison
- Aaneenlopende teiken
Die kern van die regulatoriese struktuur - Tweeling-pieke - model:
- SARB neem verantwoordelikheid vir 1. toesig oor die veiligheid en gesondheid van banke, versekeraars, koöperatiewe finansiële instellings, finansiële infrastruktuur en 2. finansiële stabiliteit (a financial system that is resilient to systemic shocks, facilitates efficient financial intermediation and mitigates the macroeconomic costs of disruptions in such a way that confidence in the system is maintained.)
- Die Finansiële Sektor Gedragsowerheid is verantwoordelik vir die supervisie van alle finansiële instellings se markgedrag ten einde die gebruikers van finansiële dienste te beskerm
Die uitdaging vir monetêre owerhede
Hoe om die primêre en uitgebreide uiteindelike doelstellings terselfdetyd na te streef.
Kritiek teen die gebruik van rentekoers as operasionele veranderlike:
- Rentekoerselastisiteit van vraag na krediet is laag.
- Impak van rentekoersaanpassing nie billik versprei nie.
Waarom die vereiste dat inflasieverwagtinge in lyn met die inflasiteiken gebring moet word?
Dat ekonomiese besluitnemers die teikeninflasiekoers sal verreken in hul besluite oor onder andere die aanpassing in pryse en lone.
Wat is die vereistes dat inflasieverwagtinge in lyn sal wees met die inflasieteiken?
- ‘n Geloofwaardige SARB
- Deursigtige beleid: Bekendmaking van teiken, MBK verklaring, Monetêre Beleidsforum, optrede voor Parlement en media
- Konsekwentheid: Beleidsbesluite en -implimentering moet te alle tye in ooreenstemming met die inflasieteiken wees.
Die proses wat gevolg word tot MBK se besluit oor die vlak van die repo-koers
- Die besluit is in die finale instansie die resultaat van ‘n vergelyking van die MBK se konsensusvooruitskatting oor die verloop van inflasie met die inflasieteiken, maar neem ook die uitsetgaping in ag. (bv indien MBK vooruitskatting > inflasieteiken : sal repokoers opwaarts aangepas word)
‘n Aanpassing in die repo-koers beïnvloed alle ander korttermyn-rentekoerse, hoe?
- Die SARB handhaaf ‘n geldmarktekort
- Dit dwing die bankstelsel om deurlopend van die Bank se weeklikse tender vir kontantreserwes gebruik te maak,
- Die marginale koste van banke - die repo-koers - bepaal die koers waarteen banke fondse uitleen en via arbitrage en mededinging ook alle ander korttermynkoerse.
4 Kanale van die transmissiemeganisme
- die rentekoerskanaal
- batepryskanaal
- nominale wisselkoerskanaal
- die verwagtingskanaal
Verduidelik die monetêre transmissiemeganisme t.o.v. rentekoerskanaal:
- Aanname: Repo-koers styg
- Korttermynrentekoerse styg
- Rentekoers kanaal:
C styg, I daal, AD daal, P daal
Transmissiemeganisme t.o.v. wisselkoerskanaal
- Aanname: Repo-koers styg
- Korttermynrentekoerse styg
- Wisselkoerskanaal:
kapitaalinvloei op betalingsbalans, R appresieer, X daal, M styg, AD daal, P daal
(MAAR afname in kapitaalivloei is ook moontlik)
Transmissiemeganisme t.o.v. verwagtingskanaal
- Aanname: repo-koers styg
- Korttermynrentekoerse styg
- Verwagtingskanaal:
Inflasieverwagtinge daal, Looneise daal, Insetkostes daal, AS styg, P daal
Transmissiemeganisme t.o.v. Batepryskanaal
- Aanname: Repo-koers styg
- Korttermynrentekoerse styg
- Batepryskanaal:
batepryse daal, rykdom daal, C daal, AD daal, P daal
4 tipes deursigtigheid
- Politieke deursigtigheid (of daar ‘n teiken vir die doelstelling gestel word)
- Ekonomiese (vooruitskattingsmodel bekend)
- Prosedurele deursigtigheid (notule gepubliseer)
- Beleidsdeursigitgheid ( aanpassing vd teiken vinnig aangekondig word)
- Operasionele deursigtigheid ( sentrale bank moet gereeld evaluering verskaf vd beleidsresultaat gegewe die teken)
Geleentheidskoste van monetêre beleidsimplimentering
Die negatiewe impak van streng disinflasionêre beleid op ekonomiese groei, indiensname en die welstand van armes.