Monetêre Beleid: Van der Merwe Flashcards

1
Q

4 Redes vir die aanneming van die nuwe raamwerk van formele inflasie-teikening

A
  • Formele inflasie-teikening maak monetêre beleid meer deursigtig, wat onsekerhede oor die monetêre beleid verminder en behulpsaam is vir die beplanning van die private sektor
  • Inflasieteikening behoort te lei tot beter koördinasie tussen monetêre beleid en ander ekonomiese beleide mits die teiken so gestel word dat dit konsekwent is met ander doelwitte
  • Inflasieteikening moet beoog om monetêre beleid te dissiplineer en die sentrale bank se aanspreeklikheid te vermeerder.
  • Om ‘n numeriese teiken te stel kan die publiek se inflasieverwagtinge beïnvloed: wat belangrik is wanneer inflasie bepaal word
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Primêre doelwit van die monetêre beleid in Suid-Afrika

A

Om die waarde van die rand te beskerm in die belang van geblanaseerde en volhoubare ekonomiese groei.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Sekondêre doelwit van die monetêre beleid in Suid-Afrika

A

Om finansiële stabiliteit te behaal

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

4 Rolle wat die SARB speel:

A
  • Verseker die beskikbaarheid van hoë kwaliteit geldeenheid in sirkulasie om as betroubare middel te dien in finansiële transaksies.
  • Fasiliteer die ontwikkeling en onderhoud van ‘n doeltreffende stelsel vir nasionale betaling, verrekening en vereffening.
  • Moedig die ontwikkeling en doeltreffende funksionering van die geld, kapitaal en buitelandse valuta markte aan.
  • Monitor die finansiële risiko’s van banke en ondersteun die ontwikkeling van betroubare bankbestuur en dien as lener-in-laaste-instansie indien nodig
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

Wanneer inflasieteikening in SA implementeer word, moet owerhede die volgende besluit: 3

A
  • Die prysindeks wat geteiken word
  • Hoe en teen watter vlak die inflasieteiken gestel gaan word.
  • Hoe die monetêre beleid bepaal sal word
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

Doelstellingonafhanklikheid

A

Die SARB het nie doelstellingonafhanklikheid nie, die regering is verantwoordelik vir die bepaling van inflasieteikens (met onderhandeling met die SARB) en ook vir die keuse van wisselkoers regime wat toegepas sal word.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

Operasionele of instrument onafhanklikheid

A

Die SARB het instrumentele onafhanklikheid, SARB het die reg om die offisiële rentekoers of repo koers te bepaal. (maar hierdie onafhanklikheid is beperk in die buitelandse valutamark)

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
8
Q

Persoonlike onafhanklikheid

A

Die SARB het persoonlike onafhanklikheid. Dit sluit in dat die voorwaardes van aanstelling van die Goewerneur, drie ondergoewerneurs en ander raadslede van die Reserwe Bank. 8 van die direkteurs, ingesluit die Goewerneur en die 3 ondergoewerneurs, word aangestel deur die Staatspresident, en 7 word aangestel deur die aandeelhouers. Na hierdie verkiesings, word die direkteurs toegelaat om onafhanklik te werk.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
9
Q

Finansiële onafhanklikheid

A

Die SARB het finansiële onafhanklikheid. DIt het genoegsame finansiële bronne om na sy operasies om te sien, en dit het volle beheer oor sy begroting.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
10
Q

Hoe word die Reserwe Bank aanspreeklik gehou?

A

Die goewerneur moet jaarliks verslag lewer aan die Minister van Finansies ten opsigte van die implimentering van monetêre beleid, en aan die Nasionale Tesourie maandelikse state van bates en laste en jaarlikse finansiële state indien. Dit word dan deur die minister van finansies aan die parlemênt voorgelê.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
11
Q

Hoekom is inflasieteikening voordelig? 6

A
  1. Dit is ‘n formele, gestruktureerde besluitmakingsproses, wat die publiek inlig oor hoe besluite gemaak word.
  2. Dit verskaf ‘n numeriese definisie van die doelwit van monetêre beleid.
  3. Dit verbeter die vooruitskattingsmetodes wat toegeas wrod deur die Reserwe Bank, wat help met beplanning.
  4. Dit skep deursigtigheid in monetêre beleid en meer doeltreffende maniere om met die publiek te kommunikeer.
  5. Dit anker toekomstige inflasieverwagtinge, wat ‘n positiewe impak op prys en loonvasstelling het.
  6. Dit dui duidelik aan dat die outonomie, en daarom aanspreeklikheid, van die Reserwe Bank beperk is tot instrument onafhanklikheid, en dat die doewitte en monetêre beleid regime deur die regering bepaal word.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly