Monetêre Beleid Flashcards

1
Q

Definisie van monetêre beleid

A

Alle doelgerigte optredes van die monetêre owerheid/sentrale bank om finansiële veranderlikes (bv geldvoorraad, rentekoerse, wisselkoerse) te beïnvloed met die oog daarop om die makro-ekonomiese stabiliteitsdoelstellings te behaal.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Watter rol, indien enige, het monetêre beleid in die ontstaan van die finansiële krisis (2008) gespeel? (4)

A
  1. ‘n Bateprys borrel in die vaste eiendomsmark en aandelemarkte in die VSA, maar ook in ander industrële ekonomieë, wat uiteindelik gebars het. Die oorsaak van die oorverhitting vd bate-markte kan teruggevoer word na die beskikbaarheid van krediet (rentekoerse was ontoepaslik laag) vir ‘n langdurige periode.
  2. Innoverende finansiële produkte wat slaag om die risiko’s verbonde aan die handel daarin onsigbaar te hou
  3. Finansiële instellings wat nie hul eie risiko-bestuurpraktykek gevolg het nie
  4. Finansiële reguleerders wat nagelaat het om uitermatige risiko-neming in toom te hou.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Wat was die toepaslike rol vir monetêre owerhede in hierdie krisis-omstandighede?

A

Sentrale banke het die onstabiliteit as ‘n krisis hanteer wat uitsonderlike optrede verg. Daarom het dit tot die tydelike opskorting van die tradisionele doelstellings van monetêre beleid (binnelandse pryspeilstabiliteit, wisselkoersstabiliteit, konjunktuurstabiliteit) aanleiding gegee. Die voorkoming van sulke krisisse sal voortaan die norm wees.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

Voorstel: Sentrale banke kan oorweeg om nie slegs inflasie in die pryse van goedere en dienste te teiken nie, maar ook inflasie in batepryse. Hoekom NIE? (3)

A
  1. Dit is bykans onmoontlik om vooruitskouend te kan bepaal wanneer bv vaste eiendoms- en aandelepryse nie hul fundamentele waardes reflekteer nie en dus as ‘n borrel kan beskou
  2. Batepryse, en spesifiek hul rykdomseffek op private verbruiksbesteding, word normaalweg reeds deur monetêre owerhede in hul beleidsbesluite in ag geneem.
  3. Monetêre beleid hoort nie tegelykertyd meer as een doelstelling na te streef nie.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

Monetêre beleid sedert die internasionale finansiële krisis (3)

A
  1. Omvangryke kwantitatiewe verslapping in die VK, VSA en Europa
  2. Die beleidsrentekoers van ‘n aantal Europese sentrale banke het sedert 2014 in nominale terme laer as zero gedaal en sedertien nog nie weer bo zero gestyg nie.
  3. Die gebruik van eksplisiete toekomsgerigte leiding, ‘n nie-konvensionele monetêre beleidsinstrument, om markdeelnemers te oortuig dat rentekoerse vir ‘n langdurige periode op lae vlakke sal bly.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

‘n Hipotese dat sentrale banke in die toekoms sal: (4)

A
  1. ‘n Breër mandaat as net die tradisionele stabiliteitsdoelstellings sal hê
  2. Makro-omsigtigheidsbeleidsinstrumente meer algemeen sal gebruik.
  3. Meer met markdeelnemers sal kommunikeer as voor die krisis (dus toenemend meer deursigtige beleidvoering)
  4. Steeds van nie-konvensionele monetêre beleidsintrumente gebruik sal maak.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

Die monetere beleidsproses (4 stappe)

A
  1. Beleidsinstrumente
  2. Operasionele veranderlikes
  3. Intermediêre doelwitte/teikens
  4. Uiteindelike doelstellings
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
8
Q

Beleidsinstrumente

A
  • Markgerigte (indirekte) beleidsinstrumente
  • Nie-markgerigte (direkte) beleidsinstrumente
  • Nie-konvensionele beleidsinstrumente
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
9
Q

Operasionele veranderlikes

A
  • Rentekoers

- Kontantreserwes

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
10
Q

Intermediêre veranderlikes

A
  • Inflasie
  • Geldvoorraad
  • Kredietverlening aan die private sektor
  • Rentekoers
  • Wisselkoers
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
11
Q

Uiteindelike doelstellings

A
  • Binnelandse pryspeilstabiliteit (lae inflasiekoers)
  • Finansiële stabiliteit (stabiliteit van die finansiële sektor)
  • Betalingsbalans- en wisselkoersstabiliteit
  • Indiensname- en inkomestabiliteit (stabiliteit in die konjunktuursiklus)
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly