Monetêre beleidsinstrumente Flashcards
2 groepe van Konvensionele monetêre beleidsinstrumente
- Nie-markgerig (direk)
- Markgerig (indirek)
Nie-markgerigte instrumente
Daardie instrumente waar die sentrale bank regulasies uitvaardig wat banke verplig om op ‘n sekere wyse op te tree, hierdie instrumente omseil die werking van die markmeganisme deurdat pryse en/of hoeveelhede bepaal word sonder dat vraag en aanbod in die mark daarby betrek word.
Markgerigte instrumente
Daardie instrumente waar daardie sentrale bank as ‘n markdeelnemer (‘n vraer/aanbieder) pryse en hoeveelhede beïnvloed en langs hierdie weg banke aanspoor of insentiewe verskaf om portefeulje-aanpassings te maak.
Nie-konvensionele instrumente
Daardie instrumente wat nie mark/nie-mark- gerig is nie
2 tipes opemarktransaksies
- Regstreekste opemarktransaksies
- Terugkoopooreenkomste
Regstreekse opemarktransaksies
Behels die koop en verkoop deur die sentrale bank, op sy inisiatief, van reeds uitgereikte finansiële instrumente (gewoonlik staatseffekte) om sodoende die banke se likiditeitsposisie, die geldvoorraad, asook die vlak en patroon van rentekoerse te beïnvloed.
Beperkende monetêre beleid (tov regstreekse opemarktransaksies)
Staatseffekte sal aan die gewone beleggers, beleggingsinstellings en die banke verkoop word. (Banke se saldo’s neem af, en so ook hulle vermoë om krediet te verskaf)
Uitbreidende beleid (tov regstreekse opemarktransaksies)
Die sentrale bank sal staatseffekte van die banke en nie-banke koop. (banke se kontantreserwes vermeerder)
Terugkoopooreenkomste
Dit word aangewend om die likiditeit in die geldmark teen ontwrigende korttermynvloeie te beskerm. Hierdie ooreenkomste word op die Reserwebank se inisiatief met die banksektor gesluit. In die geval van terugkoopooreenkomste verkoop die banksektor reeds uitgereikte finansiële instrumente aan die Reserwebank met die onderneming om dit op ‘n gegewe datum en teen ‘n gegewe prys terug te koop.
Staandefasiliteite
Fasiliteite wat daagliks op ‘n oornagbasis in die vorm van terugkoopooreenkomste (wanneer ‘n tekort ervaar word) en omgekeerde terugkoopooreenkomste (vir surplusse) beskikbaar. (In die geval van terugkoopooreenkomste is die rentekoers tans 1 persentasiepunt bò die repo-koers)
Wisselkoersbeleid
In ‘n swewende (buigsame) wisselkoersstelsel behels die intervensie van die sentrale bank in die vraag na en/of aanbod van valuta ten einde die wisselkoers te stabiliseer of in ‘n bepaalde rigting te stuur.
3 Nie-markgerigte beleidsinstrumente
- Veranderbare likiede-bate-en kontantreserwevereistes
- Kredietplafonne
- Direkte rentekoersbeheer
Veranderbare likiede-bate-en kontantreserwevereistes
Bankinstellings in SA verkeer onder ‘n staturêre verpligting tov hulle kontantreserwe- en likiede-batebesit. (vasgestel op 5% van banke se totale laste) . Maar kontantreserwevereistes van banke is veranderbaar. Die statutêr- bepaalde minimum kontantreserwes wat van banke vereis word (daar word geen rente op verdien nie) is vasgestel op 2,5 persent van banke se totale verpligtinge.
Kredietplafonne
Die maksimum krediet wat ‘n bankinstelling mag verleen is in 1980 afgeskaf.
Direkte rentekoersbeheer
Ingevolge die Nasionale Kredietwet word die koste van krediet in Suid-Afrika aan sekere maksima onderhewig gemaak.
Nie-konvensionele beleidsinstrumente
Bv. Eksplisiete toekomsgerigte leiding: om verwagtinge in die mark oor die toekomstige pad van monetêre beleid, tipies met verwysings na die beleidsrentekoers, te stuur.
2 tipes toekomsgerigte leiding
- ad hoc
- konvensioneel
2 Verskillende vorme van ad-hoc leiding
- Kalender-leiding: waar die sentrale bank die datum waarop die beleidsrentekoers in die toekoms kan begin styg, afkondig.
- Drempel-leiding: Die toekomstige verhoging vd beleidsrentekoers word gekoppel aan die realisering van bepaalde ekonomiese omstandighede (wat dit in beginsel geloofwaardig maak)
Konvensionele toekomstige leiding
Waar die sentrale bank se geprojekteerde pad vir die beleidsrentekoers gereeld gepubliseer word met die oogmerk om verwagtinge in die mark te bestuur. (word gebruik deur die meeste sentrale banke wat inflasie teiken)