Seisoene (Musiek) Flashcards
Enige ontwerp moet eers _______ word
Enige ontwerp moet eers getoets word
Wat is die suidooster?
‘n Wind in die Wes-Kaap wat sterk kan waai
Wat is ‘n Kanon?
- ) Die een groep begin met die melodie
- ) Na ‘n tyd begin die volgende groep met dieselfde melodie, terwyl die eerste groep daarmee voortgaan
Vivaldi was ‘n meester van _______________
Vivaldi was ‘n meester van orkesmusiek
‘n Musiekstuk deur Vivaldie gekomponeer:
a. ) ‘n Kanon
b. ) die Vier Seisoene
c. ) Wimoweh
d. ) Die Barok
b.) die Vier Seisoene
In watter stand en land woon vivaldi?
Venesië, Italië
_______ was ‘n komponis van die Barokperiode
Vivaldi was ‘n komponis van die Barokperiode
Hoekom is liggaamshouding baie belangrik wanneer jy dans?
Dit help jou om vloeiend te beweeg en laat jou goed lyk
Wat noem ons die manier waarop jy staan sit of lê?
Liggaamshouding of postuur
Vivaldi het veral musiek vir die _______ gekomponeer
Vivaldi het veral musiek vir die viool gekomponeer
Hoe moet jou liggamshouding wees wanneer jy dans?
- ) Jou skouers moet ontspanne wees
- ) Jou kop moet mooi regop wees
- ) Hou jou rug reguit
Vivaldi het ‘n __________ _________ en _______ gehad
Vivaldi het ‘n beroemde orkes en koor gehad.
Watse effek het ‘n Kanon?
‘n Sterk nabootsende effek
Waar of Vals
In ‘n kanon moet die twee groepe na mekaar afsluit
Vals
Die twee groepe hoef nie na mekaar af te sluit nie, maar kan ook gelyktydig afsluit.
Watter Suid-Afrikaanse kunstenaar laat ou Afrikaanse treffers weer herleef?
Jacques de Coning
Vivaldi het meer as _______ concerto’s gekomponeer
500
‘n Kanon het ‘n baie sterk _____________ effek
‘n Kanon het ‘n baie sterk nabootsende effek
Verduidelik die 3 bewegings van ‘n concerto
- ) Eerste deel - vinnig
- ) Middelste deel - stadig
- ) Laaste deel - vinnig
Hoekom word ‘n solis deur ‘n orkes begelei?
Dit vertoon die solis se vaardigheid om die instrument te bespeel.
‘n Solis word begelei deur ‘n _________
‘n Solis word begelei deur ‘n orkes