Kleur (Visuele Kuns) Flashcards
Hoe kry mens ‘n skakering van ‘n kleur?
Deur swart by die kleur te voeg
Wat is ‘n analogiese kleurskema?
Die kleurskema maak gebruik van aangrensende kleure
Waar of Vals
‘n Tint van ‘n kleur word verkry wanneer wit by die kleur bygevoeg word.
Waar
Wat is warm kleure?
Kleure wat geassosieer word met vuur of die son. Warm kleure gee ‘n warm gevoel.
Rooi, Oranje, Geel, Bruine, Pienke
Uit watter 3 kategorieë bestaan die kleurwiel?
- ) Primêre kleure
- ) Sekondêre kleure
- ) Tersiêre kleure
Noem die drie primêre kleure
- ) Rooi
- ) Geel
- ) Blou
Wat het Sir Isaac Newton in 1966 ontwikkel?
Die eerste kleurwiel
Wat is tetra komplimentêre kleure?
4 Gelyk gespasieërde kleure
byvoorbeeld
rooi
groen
geel-oranje
blou-pers
Wat is alternatief komplimentêre kleure?
3 Primêre kleure en 1 komplimentêre kleur
Waar of Vals
‘n Skakering van ‘n kleur word verkry wanneer wit by die kleur bygevoeg word.
Vals
Wat is koue kleure?
Koue kleure gee ‘n koue gevoel
Blou, groen, pers/blou, grys, pepperment groen, woudgroen, ysblou
Hoe kry mens ‘n tint van ‘n kleur?
Deur wit by die kleur te voeg
Wat is die eienskap van die drie basiese pigment kleure?
Hierdie kleure kan nie verkry word deur ander kleure te meng nie
Noem die drie sekondêre kleure en verduidelik watter primêre kleure gemeng is om die sekondêre kleur te vorm
- ) Groen
- ) Oranje
- ) Pers
Wat doen twee kleure wat teenoor mekaar staan op die kleurwiel?
Wanneer die twee kleure saam in ‘n ontwerp gebruik word, laat hulle mekaar helderder en meer intens vertoon.
Gee 3 voorbeelde van ‘n tint
ysblou
peppermentgroen
ligroos
Hoe word tersiêre kleure verkry?
Wanneer ‘n primêre kleur met ‘n sekondêre kleur vermeng word.
Teken die kleurwiel
Hoe word neutrale kleure gevorm?
Wanneer komplimentêre gemeng word, neutraliseer hulle mekaar
bruin, olyfgroen
Watter is ander term vir primêre kleure
Basiese pigment kleure
Waar of Vals
Tersiêre Kleure word verkry wanneer die primêre kleure met mekaar vermeng word.
Vals
Wat is ‘n komplimentêre kleurskema?
Die twee kleure staan teenoor mekaar op die kleurwiel.
Noem 3 botsende kleurskemas
- ) Dubbel komplimenterende kleure
- ) Alternatief komplimenterende kleure
- ) Tetra komplimentêre kleure
Noem voorbeelde van dubbel komplimenterende kleure
Geel
Violet
Blou
Oranje